Johnny Hamman se resepteboek, Een Maal, het pas by Human & Rousseau verskyn. In die boek deel Johnny resepte vir die kos wat hy vir vriende voorberei, vir sy flambojante dinner parties en vir stadskos; die kos wat hy aan sy ma se tafel leer ken het.
Maryke Roberts
Johnny is ‘n professionele sjef en mede-eienaar van Slippery Spoon Kitchen (saam met Marius Uys) en was saam met Elsa Buys, die wenner van die tweede reeks van die realiteitstelevisie-program, Kokkedoor, wat op kykNET uitgesaai is.
Die bekendstellingspartytjie was in Kaapstad gehou. Van die geheime onthaalplek wat net die dag voor die tyd onthul is tot die vroue met reuse aspersie- en wortelborde wat die rigting beduie tussen die skeepskratte deur naby die snelweg met die seelug en seevoëls in jou neusgate en ore, doen Johnny dinge anders.
Johnny en Marius het ‘n spyskaart soos min vir die bekendstelling beplan, maar die aand saam met gaste geniet. Die interessante onthaalplek – skeepskratte wat opmekaar gestapel is en waarvan sommige in die helfte gesny was, het die interessante kinkel van die aand net verder versterk.
Gaste is trakteer op aweregse disse met name soos “knorkussing”, en ou staatmakers soos visvingers in tamatiesous (nie dié wat jy by die huis maak nie!), tuna boerewors met wasabi aartappelpuree, jellie en vla, maar alles met Johnny se kreatiewe kinkel daarin.
Die interessante onthaalplek in die middel van ‘n verlate terrein in Soutrivier, Kaapstad.
Du Toitkskloof Wyne was die amptelike wynborg van Kokkedoor en ook by die bekendstelling van Johnny se boek.
Roxy Laker en Nic van Wyk, Kokkedoor-beoordelaar en eienaar van Bistro13, saam met Marius Uys, mede-eienaar van Slippery Spoon Kitchen en ook Kokkedoor-deelnemer.
Gaste kon die kookboek koop en dit deur Johnny laat teken.
SOURCES
Clifford Roberts
Maryke is ’n ervare joernalis, wat haar liefde vir reis, mense, boeke, teater en lekker kos en wyn, op hierdie manier kan uitleef. Sy was al op elke uithoek van die aardbol – bo die wolke; in ’n lugballon; onder die water in ’n duikboot en onder die grond in tonnels – en gaan nêrens sonder haar reisgenoot, eggenoot en mede-joernalis, Clifford nie. Sy glo die lewe is te kort vir slegte koffie.