Lees in dié week se Vrouekeur meer oor beheptheid met prestasie op skoolvlak en die gevolge daarvan.
Is jy meer ingestel op wen as verloor?
Is jou kind bang om mislukkings met jou te deel?
Gaan die lewe vir jou oor prestasies, besittings en geld?
Lê jy meer klem op die uitkoms as die proses?
Is jou kind angstig of depressief?
Beklemtoon jy prestasie ten koste van die genot van die lewe?
Christelle du Plessis, opvoedkundige sielkundige gee raad:
Dis nie ‘n alles-of-niks-situasie wanneer daar gewen of verloor word nie. Dis nie twee uiterstes nie. Ek probeer kinders altyd leer dat ‘n toets of eksamenvraestel nie slegs daar is om ‘n punt te gee nie, maar dat dit ‘n geleentheid skep om te bepaal wat nog aandag nodig het. Só leer kinders dat ‘n swak punt nie die einde van die wêreld is nie, maar ‘n aanduiding van wat nog geleer moet word.
Leer jou kinders om nie hul eiewaarde aan prestasie te heg nie.
Leer jou kinders om die wenner se hand te skud as hulle verloor.