Die Amerikaanse Akademie van Pediaters het verklaring uitgereik waarin hulle ouers en geneesheers vra om glad nie medikasie wat kodeïene bevat vir kinders en tieners onder die ouderdom van 18 te gee nie – dit sluit voorgeskrewe en oor-die-toonbank-medikasie in.
Zerelda Esterhuizen
Dr Joseph Tobias, wat studie oor kodeïen gedoen het, sê mense het ‘n wanpersepsie oor die middel en dink dis veilig. Amerikaanse navorsers het egter bevind dat dit lewensbedreigende en fatale asemhalingsreaksies by kinders kan veroorsaak. Kodeïen word in talle hoesmedikasie en pynverligters gevind en is vrylik beskikbaar – ook in Suid-Afrika.
BRONNE: http://abcnews.go.com, ModernHealthcare.com, http://www.huffingtonpost.com