Die Simply Gorgeous Lingerie Boutique doen hul deel vir Borskankermaand.
Oktober is Borskankermaand en om bewustheid daarvan te bevorder het die Simply Gorgeous Lingerie Boutique in Julie met die Breast Cancer Awareness Bra Drive afgeskop.
In samewerking met Reach4Recovery en The Uplift Project, het hulle daarin geslaag om 368 items in te samel, waaronder 334 bra’s, 1 borsprostese, 9 nagrokke, 4 kamerjasse, 4 kamisole, 7 pare nagklere en 9 stukke onderklere.
Simply Gorgeous Lingerie Boutique se eienaar Juliet Sutton daag nou vrouens uit om te help met skenkings sodat die 500-merk oorgesteek kan word. “Ek glo vroue moet mooi voel ongeag hul omstandighede. As ons die 500-merk kan verbysteek, kan ons minder bevoorregte mense die geleentheid gee om mooi te voel,” sê Juliet.
Die boetiek het vandeesweek bewustheid van Borskankermaand aangemoedig met ’n bespreking oor borskanker deur die hoog-aangeskrewe spesialis-sjirurg Dr Sarah Rayne in Edenvale, Johannesburg.
As jy wil sien watter ander aktiwiteite die Simply Gorgeous-span beplan, volg hul Facebook-blad (klik hier) of Twitter-profiel (klik hier).