“Die grootste probleme wat tieners vandag ervaar, is ander tieners”
“Die grootste probleme wat tieners vandag ervaar, is ander tieners,” sê Johan*, ’n 15-jarige tiener.
Volgens kenners kan baie van die probleme wat tieners ervaar, soos boelieprobleme, groepsdruk, verhoudings- en houdingprobleme, liggaamskwessies asook selfbeeldprobleme, aan die interaksie tussen tieners gekoppel word.
Volgens ‘n publikasie oor groepsdruk deur Parent Further, sê slegs 10% van die tieners waarmee onderhoude gevoer is dat hulle nie al deur groepsdruk beïnvloed is nie.
In dieselfde groep erken 28% van die tieners dat deur vir groepsdruk in te gee hul sosiale stand verbeter het en byna die helfte van die tieners het erken dat hulle slegs op iemand “gepik” of iemand geteiken het nadat ‘n vriend dit eerste gedoen het.
Die meeste tieners het gesê dat hul “groep”/peers hulle positief en negatief beïnvloed het. Altesaam 45% van tieners sê dat groepsdruk ‘n probleem is, maar dat tieners dit op hul eie kan hanteer terwyl 40% gesê het dat groepsdruk slegs ‘n persoon se aandag aflei om sy of haar doel te bereik.
Volgens die The Canadian Lung Association, is “my vriende rook” en “ek het gedink dit is cool” twee van die hoofredes waarom tieners tussen die ouderdomme van 12 en 17 begin rook.
Volgens die Underage Research Drinking Initiative, het twee derdes van graad 10’s en twee vyfdes van graad 8’s alkohol gebruik.
Die Monitoring the Future Survey het bevind dat ongeveer 30% van graad 8’s onwettige dwelmmiddels gebruik het.
Navorsing dui ook daarop dat groepsdruk ’n groot rol speel by tieners se liggaamskwessies en selfbeeldprobleme.
Raad vir ouers:
Josh McDowell het geskryf: “Reëls sonder verhouding lei tot rebellie. As jy wil hê jou kinders moet hul samewerking gee met huishoudelike reëls, moet jy ‘n verhouding bou.”
Addisionele bronne:
(Focus on the Family, Oct. 16, 1987.)