Jou kruideniersware hou langer as jy hulle reg bêre.
Kombuiskas
Kruie
Kruie bly langer bros as jy hulle in ’n glashouer met ’n bietjie water sit en dit met kleefplastiek toemaak. Bêre dit in ’n koel deel van jou kombuis.
Koffiebone
Koffie is nie lief vir vogtigheid nie, dus is die yskas nie die regte plek daarvoor nie. Lugdigte houers in ’n kas sal jou koffiebone tot ‘n maand laat vars bly, en gemaalde koffie vir twee weke.
Yskas
Neute
In ’n lugdigte houer kan neute ’n maand in ’n yskas en tot ’n jaar in die vrieskas vars bly. In ’n kas kan hulle hul geur verloor en sag word.
Vrugtestroop
Nadat ’n bottel vrugtestroop (cordial) oopgemaak is, kan dit tot vier maande in die yskas hou. As dit nie oopgemaak is nie, kan dit tot nege maande in ‘n kas hou.
Kombuiskas of yskas
Tamatiesous
Dit is in orde om tamatiesous in ’n kas te bêre, maar as jy weet dat dit nie binne enkele maande opgebruik sal word nie, moet jy dit eerder in die yskas bêre.
Grondboontjiebotter
Grondboontjiebotter in ‘n kas is sag en smeer maklik, maar sy geur en tekstuur kan ná ’n paar maande verander. Sit dit op daardie tydstip liewer in die yskas.