Het jy al van fisionomie gehoor?
Al ooit gewonder hoekom sekere mense jou van meet af aan afstoot, terwyl ander jou aantrek deur bloot na hul gesigte te kyk? Gesigte vertel stories en elke mens het ‘n verhaal. Fisionomie is die studie van die gelaat en bied talle voordele. Deur middel van kennis van fisionomie kan jy jouself en ander beter verstaan. Almal wil graag hul verhoudings verbeter, of dit nou jou verhouding met jouself of verhoudings met ander mense is. Fisionomie het ‘n eeue oue oorsprong. Antieke Griekse filosowe het die praktyk aangehang en reeds in die vroeëre Griekse digkuns is die praktyk met lof besing. Aristoteles is bekend daarvoor dat hy die volgende gesê het: “Dit is moontlik om karaktertrekke van gelaatstrekke af te lei, as ‘n mens in ag neem dat die liggaam en die siel saam deur natuurlike emosie verander word. Dit sluit veral passies en begeertes in.” Ook in die kwantumfisika is dit ‘n bekende feit dat innerlike begeertes en wense ‘n invloed op die eksterne wêreld het. Kom lees meer in die 28 Maart-uitgawe oor die eeue oue kuns wat Jan en Alleman aan die praat het.