Samsung het pas hul nuutste slimfone beskikbaar gestel en hier is alles wat jy wil weet!
Deur: Dané de Klerk
Samsung het Sondag 25 Februarie 2018 uiteindelik die nuwe Samsung S9 en S9+ by die Mobile Word Congress in Barcelona, Spanje, bekendgestel.
Die slimfone sal na verwagting R15 499 vir die Galaxy S9 en R17 999 vir die Galaxy S9+ kos en is in swart, pers, blou en grys beskikbaar en is 16 Maart 2018 in Suid-Afrika beskikbaar. Loer hier na nóg foto’s van die slimfoon.
Samsung-aanhangers kan uitsien na ‘n fantastiese kamera wat 960 raampies per sekonde kan neem en om alles te kroon, kan dit stadigbewegende video’s neem deur middel van opsporingstegnologie.
Die Bixby-toep stel jou in staat om jou kamera te gebruik om objekte en kos te identifiseer en die kilojoule-inhoud daarvan te meet.
Iets waarvan die jonges beslis sal hou, is dat jy verpersoonlikte “emojis” kan maak – ook deur dié fantastiese kamera! Dit word deur middel van die AR-emoji-toep gedoen – een foto kan in 18 verskillende emoji’s verander wat jy op sosialemediaplatforms kan gebruik, onder meer op WhatsApp.
Nog goeie nuus is dat die slimfoon woorde kan vertaal. Jy moet bloot jou kamera oor die woorde hou en die slimfoon sal deur middel van kunsmatige intelligensie dit vertaal.
Hier is ’n lys van ekstra spesifikasies in tabelvorm wat jou sal help om die S9 en S9+ te vergelyk:
Galaxy S9 | Galaxy S9+ | ||
OS (bedryfstelsel) | Android 8 (Oreo) | ||
Skerm grootte | 5.8 duim | 6.2 duim | |
Foongrootte en gewig | 147.7mm x 68.7mm x 8.5mm, 163 g | 158.1mm x 73.8mm x 8.5mm, 189 g | |
Kamera | Agter: 12 megapixels dubbel- “superspoed”- kameras met ‘n outomatiese fokussensor en LED-flits (flash)
Voor: 8 megapixel kamera |
Agter: 12 megapixels dubbel- “superspoed” kameras met ‘n outomatiese fokussensor en LED-flits(flash) – een wyelens- (wide angle) kamera en een “telephoto”
Voor: 8 megapixel kamera |
|
Geheue | 4 GB RAM
64 GB + Mikro SD Slot (tot 400 GB) |
6 GB RAM
128 GB + Mikro SD Slot (tot 400GB) |
|
Simkaart | Single SIM: Nano SIM
Dual SIM (Hybrid SIM): Nano SIM + Nano SIM of MicroSD slot |
||
Battery | 3,000mAh | 3,500mAh | |
Verifikasie | “Lock type”: Patroon, PIN, wagwoord
Biometriese “lock type”: irisskandeerder, vingerafdrukskandeerder, gesigherkenning, |
||
Oudio | Stereoluidsprekers ingestel deur AKG, “surround sound” van Dolby Atmos- tegnologie
Oudioterugspeelformaat: MP3, M4A, 3GA, AAC, OGG, OGA, WAV, WMA, AMR, AWB, FLAC, MID, MIDI, XMF, MXMF, IMY, RTTTL, RTX, OTA, APE, DSF, DFF |
||
Video | MP4, M4V, 3GP, 3G2, WMV, ASF, AVI, FLV, MKV, WEBM | ||
Waarvan ons BAIE van dié slimfone hou:
- Langer batterylewe
- Die “infinity”-skerm
- Die gehalte van die foto’s wat die kamera neem
- Stadigbewegende video’s
- Jy kan ‘n verpersoonlikte “emoji” van jouself maak
- Jy kan jou eetgewoontes behoorlik dophou!
- Jy hoef nie in ‘n vreemde land te wonder wat sekere woorde beteken nie, want dié slimfoon kan dit vir jou vertaal.
- Ligpers!
- Die goeie klank
- Die vingerskandeerder aan die agterkant is bietjie laer gestel wat dit makliker maak om jou foon te “unlock”
- Kamera, kamera, kamera – wow!