Vinimark is die grootste onafhanklike wynspesialis-maatskappy in Suid-Afrika en versprei en bemark meer as 50 van Suid-Afrika se bekendste wynplase. Vanjaar se Vinimark en Wine Worx Wine Trade Fair is by die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum gehou.
Maryke Roberts
Dit word ook onder meer in Johannesburg en Durban gehou en gee aan restauranteurs, sommeliers, drankwinkel-eienaars en joernaliste die geleentheid om ’n hele klomp goeie wyne onder een dak te proe.
Daar word met wynmakers en bemarkers gesels oor nuwe oesjare, beplande projekte en bestellings en nie net Suid-Afrikaanse wyne kan geproe word nie, maar ook ’n paar Franse sjampanjes. Wynliefhebbers regoor die land kry dus die geleentheid om die nuutste, beste wyne by hul naaste handelaar of restaurant te gaan koop.
Die proegeleentheid in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum.
Marilyn Hansen van Altydgedacht en Bertus Fourie van Barista by die geleentheid.
Peter en David Finlayson van Edgebaston Finlayson Family Wines.
Shoprite Checkers se wyn-aankopers was ook by die geleentheid. Van links is Stephanus Eksteen, RJ Botha (Kleine Zalze) Louis du Plessis en Sean du Plessis.
SOURCES
Clifford Roberts