CHRISTA SWANEPOEL
Die Maandag het nie te sleg begin nie. Ek het geslaap tot die wekker my wakker gemaak het en die dag verloop maar soos enige Maandag, maar die moeilikheid begin toe ons oppak om huis toe te gaan. Ek kry nie my kaart om by die gebou uit te kom nie. Ek gooi my handsak op my lessenaar uit, kry die kaart en gooi inderhaas die res terug. Byna by die huis soek ek my foon … Ek gooi my handsak ‘n tweede keer uit, op die sitplek neffens my. Geen selfoon nie. Ja, dit lê nog op my lessenaar. Ek U-draai terug werk toe. ‘n Tweede keer op pad terug huis toe begin dit sous soos dit net laatmiddag in Johannesburg kan sous. Ek kom genadiglik veilig tuis en trek by die erf in. Die bouer wat aan my buitekamer werk se kar staan in die middel van die inrit. Ek koes neffens hom verby … en skraap my kar teen die pilaar teen die muur. Nou het my kar links voor ‘n skraapmerk, links agter een toe ek my dogter by die hospitaal gaan haal het en nie die lae paaltjies om ‘n draai raakgesien het nie en een agter toe ek teen ons hek vasgery het terwyl dit agter my oopgaan. Hoe moes ek geweet het die hek is nader as wat dit in die kantspieëltjies lyk …
Later brand die kos, die kat het weens die baie reën nie kans gesien om uit te gaan nie en die kamer in die bad verlaat.
En nou sit ek hier en ek gaan aan ‘n paar positiewe dinge dink. Só lees ons mos telkens in ons artikels in Vrouekeur. Verdryf daai negatiewe gedagtes. Fokus op mooi dinge. So kom ek probeer.
Ek het darem nog ‘n kar én hy is klaar betaal, weliswaar met ‘n paar skrape, maar hy bring my waar ek wil wees. Ons kon nog van die boonste kos van die aanbrandsels onder afeet. En die kat kon seker erger plekke as die bad gekies het om haar besigheid te doen.
Net ‘n bietjie meer as ‘n jaar gelede het my lewe uitmekaargespat toe ek op 62 geskei is. Waar begin ‘n mens ná so iets. Nou sit ek in ‘n huis wat ek met my eie geld gekoop het op die mooiste rooi banke waarmee ek myself bederf het. (Elke vrou moet een keer in haar lewe ‘n rooi bank hê, sê my hartsvriendin. En nou het ek myne.) Met geld wat ek gespaar het, is ek besig om die buitekamer in ‘n wafferse granny flat te omskep sodat ek dit kan uitverhuur en iemand vir hierdie granny kan help sorg as ek volgende jaar aftree.
Ek het kanker oorwin, my kinders is “asem” (soos my kleinseun sê) volwassenes, ek het twee pragtige kleinkinders en … en …
So verskoon my, ek gaan vir my ‘n glasie wyn ingooi, my breiwerk nader trek en voor die TV in my rooi bank wegsink – ‘n geseënde en gelukkige vrou.
Ouma se blokkie
VERDUIDELIKING
Beginbondel
3 ks, (don, steek naald deur steek, don, trek lus deur, don, trek deur 2 lusse) 2 keer
Ander bondels
(don, steek naald deur steek, don, trek lus deur, don, trek deur 2 lusse) 3 keer in dies st of spasie, don, trek deur al 4 lusse op naald
AANWYSINGS
Met beige, maak 4 ks en gs in 1ste st om ring te vorm.
1ste rdte: 4 ks (tel as lb en ks) (1 lb, 1 ks in ring) 11 keer. 12 ks-sp. Heg af.
2de rdte: heg bruin in enige ks-sp, begin-bondel, (3 ks, bondel) in elke vlg sp (11 keer), 3 ks, gs in 3de ks aan beg.
3de rdte: gs tot bo-op bondel, 7 ks (tel as kb en 5 ks, 1 kb in vlg 3 ks-sp, (5 ks, 1 kb in vlg 3 ks-sp) 11 keer, 5 ks, gs in 2de ks aan beg. Heg af.
4de rdte: heg rooi in enige 5 ks-sp, (3 ks , 4 lb, 3 ks, 5 lb in 5 ks-sp, 1 ks, 1 kb in vlg 5 ks-sp, 5 ks, 1 kb in vlg 5 ks-sp, 1 ks, *(5 lb, 3 ks, 5 lb) in vlg 5 ks-sp, 1 ks, 1 kb in vlg 5 ks-sp, 5 ks, 1 kb in vlg 5 ks-sp, 1 ks, herh van * rondom, gs in 3de ks aan beg. Heg af.
5de rdte: heg blou in enige 3 ks-sp op hoek, (3 ks, 1 lb, 2 ks, 2 lb) in hoek-sp, 1 lb in elke van vlg 4 lb (slaan laaste lb oor), 5 ks, 1 kb in vlg 5 ks-sp, 5 ks, slaan 1 lb oor, 1 lb in elk van vlg 4 lb, *(2 lb, 2 ks, 2 lb) in hoek-sp, 5 ks, 1 kb in vlg 5 ks-sp, 5 ks, slaan 1 lb oor, 1 lb in elk van vlg 4 lb, herh van * rondom, gs in 3de ks aan beg.
6de rdte: 3 ks, 1 lb in vlg lb, *(2 lb, 2 ks, 2 lb) in hoek-sp, 1 lb in elk van vlg 4 lb (slaan 2 lb oor), 5 ks, 1 kb in 5 ks-sp, 5 ks, 1 kb in vlg 5 ks-sp, 5 ks, slaan 2 lb oor, 4 lb in elke van vlg 4 lb, herh van * en eindig met 2 lb, gs in 3de ks aan beg. Heg af.
7de rdte: heg bruin in enige hoek-sp, (3 ks, 1 lb, 2 ks, 2 lb) in hoek-sp, 1 lb in elk van vgl 4 lb, 5 ks, (1 kb in vlg 5 ks-sp, 5 ks) 3 keer, slaan 2 lb oor, 1 lb in elk van vlg 4 lb, *(2 lb, 2 ks, 2 lb) in hoek-sp, 1 lb in elk van vgl 4 lb, 5 ks, (1 kb in vlg 5 ks-sp, 5 ks) 3 keer, slaan 2 lb oor, 1 lb in elk van vlg 4 lb, herh van * rondom, gs in 3de ks aan beg.
8ste rdte: gs tot in hoek-sp, (3 ks, 1 lb, 2 ks, 2 lb) in hoek-sp, *1 lb in elk van vlg 4 lb, 5 ks, (1 kb in vlg 5 ks-sp, 5 ks) 4 keer, slaan 2 lb oor, 1 lb in elk van vlg 4 lb, *(2 lb, 2 ks, 2 lb) in hoek-sp, 1 lb in elk van vgl 4 lb, 5 ks, (1 kb in vlg 5 ks-sp, 5 ks) 4 keer, slaan 2 lb oor, 1 lb in elk van vlg 4 lb, herh van * rondom, gs in 3de ks aan beg.
9de rdte: 2 ks, 1 hlb in elke lb rondom, 3 hlb in hoe ken 3 hlb in elke 5 ks-sp rondom. Heg af.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …