Soms word ons gedwing om weer te begin.
Eendag lank, lank gelede het ek ‘n nuwe lewe saam met my man begin. Ons was gelukkig en het vier pragtige kinders gehad, maar toe gebeur die lewe … en die einde was nie meer “en hulle het lank en gelukkig saam gelewe” nie.
Een van die laaste inspirerende gedagtes in Vrouekeur lees: Jy kan nie teruggaan in tyd en oor begin nie, maar jy kan weer begin en ‘n ander einde bewerkstellig.
Ek is bly ‘n mens kan nie teruggaan en oor begin nie, want sou ek regtig iets anders gedoen het? Nee, want in daardie stadium het alles net reg gelyk. Dis die lewe.
Maar soms word ons gedwing om weer te begin.
En ja, al voel jy nie so nie, jy kan!
Gooi daai ou bagasie af wat jy met jou saamsleep en pak jou rugsak vol van wat jy daarin wil hê.
Ek is letterlik besig om leeg te maak en uit te gooi, want ons trek – ek en my kinders. Na ons eie huis toe. Soms is ek nog in verwondering dat ek dit kon regkry, maar dit is net myne. Dis oud en daar’s nog baie werk, maar dis waar ek vir ons ‘n tuiste gaan skep. Vir my kinders, maar veral vir my. En ja, my bokse vol oorskietwol is klaar gepak. Volgende jaar brei ek in my eie huis.
Ek weet nie wat die nuwe jaar gaan inhou nie, maar ek kan weer begin en ‘n nuwe “gelukkige einde” skep.
Glo in jouself. Jy is tot meer in staat as wat jy dink.
Ouma se blokkie
(3 ks aan beg van rdte tel as lb)
Met bruin maak 6 ks en gs in 1ste st om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks , 11 lb in ring, gs in 3de ks aan begin.
2de rdte: 3 ks, 1 lb in dies st, 2 lb in elke lb rondom, gs in 3de ks aan begin. Heg af. 24 lb.
3de rdte: heg geel in enige voorste lus van laaste rdte, *5 ks, gs in 2de ks van naald af, 1 kb in 3de ks, 1 hlb in elk van vlg 2 ks, gs in vlg lb se voorste lus, herh van * rondom en gs in 1st ks aan beg. Heg af.
4de rdte: vou geel blomblaartjies na vorentoe en heg groen aan agterste lus van 2de rdte se lb, *2 lb, 1 dsl in dies lus, 3 ks, 1 dsl, 2 lb in dies lus (hoek-sp), 1 ks, slaan 1 lus oor, 3 lb in vlg lus, 1 ks, slaan 1 lus oor, 3 lb in vlg lus, 1 ks, slaan 1 lus oor, herh van * rondom en gs in 3de ks aan beg.
5de rdte: gs tot in hoek-sp, *(3 lb, 3 ks, 3 lb) in hoek-sp, (3 lb in vlg ks-sp) 3 keer, herh van * rondom, gs in 3de ks aan beg.
6de rdte: gs tot in hoek-sp, *(3 lb, 3 ks, 3 lb) in hoek-sp, (3 lb in vlg ks-sp) 4 keer, herh van * rondom, gs in 3de ks aan beg. Heg af.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …