En daar breek daardie senutergende tyd weer aan: Ek moet vir my jaarlikse mammogram gaan.
Christa Swanepoel
Ja, ek weet elke vrou wat weet wat goed is vir haar, gaan elke jaar. Soos om belasting en jou TV-lisensie te betaal, is dit die regte ding om te doen. Jy hoef nie daarvan te hou nie, maar elke jaar moet jy deur dieselfde ritueel gaan.
Nee, dis nie seer nie. My wakker lê, kom daarvan dat ek jare terug borskanker gekry het. Ek is deur die hele toetie: mastektomie, bestraling, chemo, hormoononderdrukkers, noem dit op. En al onthou ek nie elke nare deel daarvan nie, onthou ek die emosionele dieptes en geworstel waardeur ek is. Ja, ek het ook ge-bargain: As ek net my kinders kan groot kry …
Dis 20 jaar later en ek het my kinders sien grootword. En ek is reeds met kleinkinders bederf.
Ek het gekry waarvoor ek gevra het.
Dus vra ek myself elke jaar af: Is my grasietyd nou verby?
Ek sleep my oudste saam vir ondersteuning … net vir ingeval.
Gelukkig is die wag kort. Die mammogram word gedoen en dan moet ek vir die dokter wag vir die sonar.
En dan die woorde wat almal wil hoor: “Daar is geen teken van enige vreemde selle nie.”
Ek het nog ’n bonusjaar. Dankie, Here.
Aan kollega Marlo en al die ander vroue wat nou die pad begin loop: Ek is bitter jammer vir jou. Ek kan regtig sê ek weet hoe jy voel.
My gebed is dat jy ook jou kinders as volwasse mense sal ken en jou kleinkinders sal geniet. Sien die naarheid en die ellende waardeur jy nou gaan, as ’n klein prys wat jy daarvoor moet betaal.
Liewe vrou, gaan asseblief vir jou mammogram.
OUMA SE BLOKKIE
Afkorting
3lb-bondel: *draad om naald 2 keer, steek naald deur aangeduide steek, draad om naald en trek deur steek, (draad om naald en trek deur 2 lusse op naald) 2 keer, herh van * nog 2 keer, draad om naald en trek draad deur 4 lusse op naald
Met A maak 6 ks en gs in 1ste st om ring te vorm
1ste rdte: 3 ks, 15 lb in ring, gs in 3de ks aan beg.
2de rdte: heg B in enige lb, 4 ks, slaan 1 lb oor, (kb in vlg lb, 3 ks, slaan 1 lb oor) 7 keer, kb in 1ste ks aan beg. 8 lusse.
3de rdte: gs tot in ks-spasie, 2 ks (tel as kb en ks), 3 lb, 1 ks, 1 kb in dies ks-sp, *(1 kb, 1 ks, 3 lb, 1 ks, 1 kb) in vlg ks-sp, herh van * rondom, gs in 1ste ks aan beg.
4de rdte: gs tot in middelste van 3 lb, 6 ks (tel as 1 kb en 5 ks), *(1 kb in middelste van vlg 3 lb, 5 ks), herh van * rondom, gs in 1ste ks aan beg.
5de rdte: heg C in enige 5 ks-sp, 3 ks (tel as lb), 6 lb in dies ks-sp, (2 ks, 3lb-bondel, 2 ks, 3lb-bondel, 2 ks, 3lb-bondel, 2 ks), *7 lb in vlg ks-sp, (2 ks, 3lb-bondel, 2 ks, 3lb-bondel, 2 ks, 3lb-bondel, 2 ks), herh van * rondom, gs in 3de ks aan beg.
6de rdte: heg D in 1ste van enige 7 lb, 3 ks (tel as lb), 1 lb in elk van vlg 2 lb, 1 ks, slaan 1 lb oor, *1 lb in elk van vlg 3 lb, 2 lb in ks-sp, 1 ks, 5 lb in vlg ks-sp, 3 ks, 5 lb in vlg ks-sp, 1 ks, 2 lb in vlg ks-sp, herh van * rondom, gs in 3de ks aan beg.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …