Die Durbanville Wynvallei buite Kaapstad se jaarlikse Feast of the Grape is die afgelope naweek by D’Aria Wynplaas gehou.
Maryke Roberts
Dit was ‘n hele naweek van lekker saamkuier, wat deur 12 wynplase in die vallei aangebied is. Gaste kon druiwetrap, op die ponies ry, speletjies op die gras speel, in die koelte na die musiek luister, met vriende kuier en hul gunstelinge wyne proe.
D’Aria se ligging het die ideale geleentheid gebied om jou skoene uit te skop en die landelike atmosfeer in die vallei te geniet.
Die 12 plase wat deelgeneem het, Altydgedacht, Bloemendal, D’Aria, De Grendel, Diemersdal, Durbanville Hills, Groot Phesantekraal, Hillcrest, Klein Roosboom, Meerendal, Nitida en Signal Gun, het lekker wynproeë aangebied en met gaste gekuier.
Koswoonwaens het gesorg dat die mae vol bly, terwyl die sjarmante duo van Bottomless Coffee en Newton & Co vir die musiek gesorg het.
‘n Lekker dag om net onder die sambrele of tente te sit en kuier.
SOURCES
Clifford Roberts