Wat’s Johannesburg se beste hoërskool, hardewarewinkel, blomwinkel, hotel? Kyk hier
Dis nie altyd maklik om in ‘n groot stad soos Johannesburg te weet waar om die perfekte blomwinkel of beste skool vir jou kinders te vind nie. Daarom het Best of Joburg 60 000 Johannesburgers self hul gunstelinge laat kies.
HIER’S DIE WENNERS
Beste rekenaar- / elektroniese ware winkel Dion Wired in die Nicolway winkelsentrum
Tegnologie GoTrend-blogger Kevin McLennan kan nie genoeg kry van dié winkel nie. “Dit het als wat my tegnologie-liewende hart begeer. Van nuwe oorfone na selfoonomhulsels en ‘n goeie ou kragbank.”
Besoek die Dion Wired-webwerf
Eiendomsagent Pam Golding
As jy opsoek is na ‘n nuwe huis en net die beste raad wil hê, moet jy by Pam Golding gaan aanklop.
Besoek die Pam Golding-webwerf
Blomwinkel NetFlorist
NetFlorist doen meer as net pragtige blomrangskikkings (dink sjokolade en interessante geskenkpakke) en mens kan boonop als aanlyn bestel.
Besoek die NetFlorist-webwerf
Tuinsentrum Lifestyle Home Garden
By Lifestyle Home Garden kan jy sommer pragtige dekorartikels vir jou huis kry terwyl jy jou tuinimplemente en nuwe plante koop.
Besoek die Lifestyle Home Garden-sentrum op die hoek van Beyers Naudérylaan en Ysterhoutlaan, Randpark Ridge (011-792-5616)
Hardewarewinkel Builders Warehouse
Philicity Reeken van 947 se Breakfast Express sê dié winkel voorsien in al haar doen-dit-self-benodighede.
Besoek die Builders Warehouse-webwerf
Hoërskool St John’s College
Een van die mooiste hoërskole in die land het al heelwat sport legendes en akademici opgelewer.
Besoek die St John’s College-webwerf of skakel 011 492 0300
Laerskool Crawford
Johannesburgers het Crawford as hul gunsteling laerskool gekies. Dis die moeite werd om uit te vind wat hulle jou kind als bied rakende kwaliteit-opvoeding, sport en onderwysers wat omgee.
Besoek die Crawford-webblad
Dekor
@home
Dis die dekorwinkel waar jy als wat jou hart begeer (in dekorterme) sal vind.
Besoek die @home-webwerf
Hotel
The Saxon
Besoek die Saxon se webwerf
Kombuisware @home
Dis beide die beste dekorwinkel én die beste plek om jou kombuisware te vind.
Besoek die @home-webwerf
Klein luukshede Woolworths
Is jy inderhaas opsoek na ‘n verjaardaggeskenk of is jy lus vir ‘n heerlike en gesonde middagete, maar jy’t vergeet om dit self kantoor toe te bring? Dan’s Woolworths die winkel vir jou.
Besoek die Woolworths-webwerf
Nuwe meubels Coricraft
Besoek Coricraft vir al jou meubelbenodighede. En die kwaliteit is iets om oor huis toe te skryf.
Besoek die Coricraft-webwerf
Vir besoekers Montecasino
Sukkel jy om te dink aan iewers waar jy jou besoekers kan neem? Montecasino het iets van alles en hulle sal lank hier besig bly. Van interessante eetplekke tot teater en Johannesburg se gunsteling fliek.
Besoek die Montecasino-webwerf
Naweekwegbreek Sun City
Jy hoef nie na ‘n tropiese eiland te vlieg of vir ure en ure na die kus te ry om jou branderry-fix te kry nie. Sun City het sy eie strand, branders en selfs ‘n kasino en safari-geleenthede.
Besoek die Sun City-webwerf