Die 9de kykNET Silwerskermfees is die afgelope naweek in Kampsbaai, Kaapstad, aangebied
Deur MARYKE ROBERTS
Foto’s Clifford Roberts
Dié fees het die afgelope nege jaar meer as 160 kort- en speelfilms opgelewer, waarvan verskeie internasionale erkenning gekry het. The Bay Hotel in Kampsbaai in Kaapstad met sy uitsigte oor die strand en see, is elke jaar die tuiste van die Silwerskermfees.
Die blou tapyt wat voor die hotel uitgerol word, is baie gewild en voor elke première dié plek om sterre te sien, maar tussendeur het elkeen sy kans waargeneem om ook ’n bietjie van die glans te kry en foto’s op die tapyt te neem.
“kykNET het uit die staanspoor ‘n langtermynvisie met hierdie spesiale projek gehad. Die Silwerskermfees se fokus is en bly die Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmbedryf,” meen Karen Meiring, hoof van Afrikaanse Kanale by M-Net.
Vanjaar kon feesgangers ’n verskeidenheid kortfilms en speelfilms kyk en paneelbesprekings bywoon. Drie internasionale kundiges is ook by die fees verwelkom: Dorothee Wenner van Berlinale, Peter Cowley van Spirit Digital Media in Londen en die Suid-Afrikaanse akteur, Arnold Vosloo, wat die afgelope paar dekades in die VSA naam gemaak het.
Die fees het Saterdagaand met die Silwerskermfees toekenningsgeleentheid afgesluit, met June van Merch en Bennie Fourie as seremoniemeesters. Die speelfilm, Poppie Nongena, het met 12 toekennings weggestap, vir onder andere beste speelfilm, beste draaiboek, beste regisseur, beste aktrise, beste manlike byspeler en beste vroulike byspeler.
Ses speelfilms het hul première by vanjaar se fees gehad en het in die kykNET Silwerskerm Toekennings meegeding: Fiela se kind, Flatland, Griekwastad, Die verhaal van Racheltjie de Beer, Poppie Nongena en Toorbos.
Vir vanjaar se kortfilmprojek is 14 films van 22 minute elk vervaardig. Oedipus: Die Musical – ’n Dokumentêr het hier die meeste toekennings ingepalm as beste kortfilm, beste regisseur (Stefan Benadé), beste manlike byspeler (Ludwig Binge), beste redigering (Canya Cruywagen) en beste grimering en haarstilering (Charné Burger). Tobie Cronjé is as vanjaar se Silwerskerm-legende vereer vir sy besondere bydrae tot die filmbedryf.
Hiermee die wenners van die aand:
KORTFILMS
Beste kortfilm
Oedipus: Die Musical – ’n Dokumentêr
Beste draaiboek
Luan Jacobs – Hoe om ’n perd te teken
Beste regisseur
Stefan Benadé- Oedipus: Die Musical – ’n Dokumentêr
Beste akteur
Luan Jacobs – Hoe om ’n perd te teken
Beste aktrise
Ansu Visser – Binnelandse Sake
Beste manlike byspeler
Ludwig Binge – Oedipus: Die Musical – ’n Dokumentêr
Beste vroulike byspeler
Ilse Oppelt – Janneman
Beste produksie-ontwerp
Idelette Jordaan en Nadine Minnaar – My Gelykenis
Beste redigerig
Canya Cruywagen – Oedipus: Die Musical – ’n Dokumentêr
Beste kinematograaf
Janhendrik Burger – My Gelykenis
Beste grimering en haarstilering
Charné Burger – Oedipus: Die Musical – ’n Dokumentêr
Beste kostuum-ontwerp
Juanita Ferreira – Die Begrafnis
Beste klankontwerp
Wesley Ayliffe – Binnelandse sake
Gehoorgunsteling
Fiela se Kind
SPEELFILMS
Beste speelfilm
Poppie Nongena
Beste draaiboek
Christiaan Olwagen en Saartjie Botha – Poppie Nongena
Beste regisseur
Christiaan Olwagen – Poppie Nongena
Beste akteur
Stian Bam – Die Verhaal van Racheltjie de Beer
Beste aktrise
Clementine Mosimane – Poppie Nongena
Beste manlike byspeler
Chris Gxalaba – Poppie Nongena
Beste vroulike byspeler
Nomsa Nene – Poppie Nongena
Beste produksie-ontwerp
Chantel Carter – Die Verhaal van Racheltjie de Beer
Beste redigering
Eva du Preez – Poppie Nongena
Beste kinematograaf
Vicci Turpin – Poppie Nongena
Beste oorspronklike klankbaan
Kyle Shepherd – Fiela se Kind
Beste grimering en haarstilering
Gale Shepherd – Poppie Nongena
Beste kostuum-ontwerp
Sylvia van Heerden – Poppie Nongena
Beste klank-ontwerp
James Olivier, Richard West, Simon Ratcliffe – Poppie Nongena
Beste ensemble-spel
Poppie Nongena