Mariana Muller, ’n lewensafrigter van Hartbeespoort verduidelik hoe die verskillende soorte hongerte werk.
Ansja Ferreira
“Ben Wilson, kondisioneringsafrigter en skrywer, praat van ses verskillende soorte hongerte. Dit is belangrik om die werklike oorsaak vas te stel hoekom jy honger is en hoekom jy sukkel om jou eetgewoontes te beheer.”
• Normale hongerte Die doel van enige program om gewig te verloor, is om by ‘n punt te kom dat dit die enigste soort honger is wat jy ervaar. Wanneer dit die geval is, is jy kalm, beheers en het ‘n gemaklike verhouding met kos. Normale hongerte bou geleidelik op en kan redelik maklik hanteer word. Eet gereeld en die regte hoeveelheid.
• Waterhongerte Dors kan maklik met honger verwar word. As jy aanhoudend eet in plaas van om jou dors te les, bevind jy jou in ‘n situasie van aanhoudende eet. Dit is nie dieselfde as wanneer ‘n mens dors is nie. Waterhongerte is wanneer jy slegs gedeeltelik gedehidreer is, nie genoeg om dors te voel nie. Klein hoeveelhede water en gereeld werk die beste vir jou liggaam. Probeer elke uur 200 ml drink.
• Selenergiehongerte Een van die algemeenste oorsake van hongerte en word maklik as emosionele hongerte aanvaar. Dit gebeur wanneer jy nie die regte verhouding van proteïen, koolhidrate en vet inneem nie. Dit is ‘n honger gevoel, baie keer vir soetgoed, 15 minute tot 3 uur nadat jy geëet het. Dit ontstaan vinnig en is ‘n sterk gevoel. Dit is ‘n ongemaklike sterk begeerte na kos en is nie in jou kop nie. Eet jou etes in die regte verhouding. Eksperimenteer met kos en jou reaksie daarop.
• Emosionele honger Dit het skielike ontstaan en bou nie geleidelik op soos normale en natuurlike honger nie. Jy sien ‘n prentjie van sjokolade of iemand ontstel jou en jy’s honger.
• Honger as gevolg van verslawende middels Ontrekkingsimptome by ‘n roker kan dit veroorsaak. Dit is nie ‘n sterk honger nie, maar is op die agtergrond en ongemaklik. Dit kom en gaan nie, maar is altyd daar. Dit hou nie so lank nie, net terwyl jy ontrekking ervaar. Dit kan met die regte kopskuif beheer word, maar moenie met ander soorte honger gepaard gaan nie.
• Bloedsuikerhongerte Dit is die kragtigste honger van almal. As jou bloedsuiker onder ‘n sekere vlak val, dan skop jou hormone in om jou metabolisme te beheer en plaas onwelkome stres op jou liggaam op die lang termyn en op die kort termyn veroorsaak dit sterk “cravings” en honger. Dit ontstaan vinnig en dis moeilik om weerstand te bied hierteen. Jou liggaam begin “panic”, want daar is nie brandstof vir die brein nie en dit is die hoogste prioriteit vir die liggaam.
Die kombinasie van verskillende hongerte
Wanneer mense meer as een honger op dieselfde tyd ervaar, gee hulle maklik in en eet verkeerd.
• Die kragtigste kombinasie is emosionele en laebloedsuiker- hongerte.
• Honger verskil van persoon tot persoon.
• Voorkom dat jy verskillende soorte honger op dieselfde tyd ervaar, want dit maak dit moeilik om te weerstaan. Drink water, eet gereeld en in die regte verhouding.
Praktiese wenke
• As jy van gaskoeldrank hou, toets al die verskillende soorte dieetgaskoeldranke uit en vind een waarvan jy die meeste hou. Vervang dan jou gunstelinggaskoeldrank vir ‘n tydperk van ses weke met hierdie een. Dit neem drie tot ses weke om jou smaakknoppies ‘n nuwe smaak aan te leer. Die gesondste opsie sou wees om water te drink, maar dit is nie altyd maklik vir ‘n oorgewig persoon om so drastiese verandering te maak nie.
• Eet aan etenstafel. Die brein is geneig om oor tyd dade met mekaar te verbind, as jy byvoorbeeld voor die TV eet, is jy oor tyd geneig om te wil eet elke keer as jy voor die TV sit.
• Moenie ’n negatiewe doel stel nie. Ons onderbewussyn is geprogrammeer om niks te wil verloor nie – nie geld, geluk, of enigiets anders nie. Stel ‘n positiewe doel soos “ek wil slank en gesond wees en mooi klere aantrek wat by my lyf pas”. Moenie negatief wees oor jouself afbreek nie.
• Dink oor die moontlikhede van gesonde kos. Koop resepteboeke met gesonde disse. Verbreek die bande met ongesonde kos.
• Vind oplossings. As jy eet wanneer jy verveeld of hartseer is, doen iets soos kruisiesteekborduurwerk of lapverf. Dit verg konsentrasie en iets moois kom daaruit voort.
• Neem elke oggend vyf minute om jouself “reg te programmeer” vir dit waarmee jy besig is. Wees dankbaar vir alles in jou lewe. En voel tevrede met jou nuwe gesonde lewenstyl. As ‘n mens fokus op wat jou gelukkig maak, is die kanse skraler dat ‘n voorval jou na negatiwiteit en emosionele eetgewoontes kan aftrek.
• Daar is geen blywende sukses in gewigsverlies nie mits jy jou tot blywende veranderinge verbind. As jy tans oorgewig is, is daar sekere gedragspatrone wat blywend sal moet verander vir ‘n suksesvolle eindresultaat. As jy tans twee glase wyn elke aand drink, sal jy by klein veranderinge moet begin soos net een glas wyn elke aand.
Meer inligting
Kontak Mariana by 083 658 6299 of e-pos [email protected] of besoek www.thebmisolution.co.za en www.beatitudomaximelifecoaching.co.za