Karin Brynard se derde misdaadroman, Tuisland, het pas by Penguin Random House verskyn en is met ‘n pret-aand by Die Boer Teater in Durbanville bekendgestel.
Maryke Roberts
Karin was in gesprek met die joernalis, Hanlie Retief en het vertel dat Tuisland handel oor Kaptein Albertus Beeslaar, wat moeg is vir die platteland. Hy het pas sy bedanking ingedien, maar word vir een laaste sending die Kalahari ingestuur. Die dood van ‘n San-leier en klagtes van polisiegeweld word sy missie.
Op die rand van die Kgalagadi-oorgrenspark, waar die laaste afstammelinge van die Kalahari-San in ‘n wildernis van sand en Kalahari-leeus woon, loop hy hom in ‘n bynes vas. Die brutale aanval op ‘n Duitse toeris ontketen ‘n rits gebeure wat ‘n multimiljoenrandse projek vir die San kan verongeluk.
En dan val die volgende dooie. Beeslaar kry ‘n nuwe kollega, kolonel Koekoes Mentoor, ‘n hardekwas rissiepit wat saam met hom deur ‘n doolhof van politiek, mites en moord moet stap.
Karin vertel dat sy 2/3 van die boek geskryf het en toe besef het dit gaan nie deug nie. “Toe begin ek van vooraf.”
Sy het vertel dat Koekoes die een karakter in die boek is wat haar na aan die hart lê. Die lekkerste deel van die boek is vir haar die navorsing.
Tussen die gesels oor die boek deur, het die musikante Laurinda Hofmeyr (stem en klavier), Schalk Joubert op baskitaar en Kevin Gibson op tromme, musiek gemaak. Karin het gesê dat Laurinda die kuns vervolmaak het om gedigte te toonset.
Madri Victor, manuskrip-ontwikkelaar en skrywer Hettie Scholtz.
Tussen die gesels oor die boek deur, het die musikante Laurinda Hofmeyr (stem en klavier), Schalk Joubert op baskitaar en Kevin Gibson op tromme, musiek gemaak.
Karin Brynard se nuutste boek, Tuisland, is pas deur Penguin Random House bekendgestel.
SOURCES
Clifford Roberts