Decorex is onlangs deur Thebe Reed Exhibitions in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum gehou
Woorde en foto’s: Maryke Roberts
Vir vier dae is daar besoekers gelok na kunsuitstallings, kos- en selfdoendemonstrasies, nuwe dekorware en die nuutste tegnologie vir huissekuriteit, solarpanele en vele meer.
Vanjaar se tema is Make Your Space Your Living Dream.
Die keuses vir kuns, handwerk, juweliersware, kussingslope, komberse, lampe en vele meer was legio en het tradisionele Afrika-kralewerk en beeldhouwerk, houtwerk, keramiek, linne en ander materiale ingesluit.
Ntisindiso Nqakaza, een van die ontwerpers in die Mr Price Home colab collection, wat een van die nuwe winterskomberse ontwerp het, het met gaste by die groep se dramatiese kubus-agtige stalletjie gesels. Gaste kon binnestap en die nuwe reeks meubels, komberse en dekor-artikels sien.
Daar was heelwat klein hoekies waar gaste met koffie, vonkelwyn en iets te ete kon ontspan en die ontwerpers het hulself oortref om hul stalletjies interessant en anders te maak.
Decorex Joburg 2017 word van 9 tot 13 Augustus by die Gallagher Konferensiesentrum gehou.

Sandra Pelser, oor wie Vrouekeur onlangs berig het, het ’n stalletjie met haar kunswerke gehad.

Die Voet-en-Mondskilders het gedurende die uitstalling gewys hoe hul kunswerke geskep word.

Die kosdemonstrasies is altyd een van die hoogtepunte by die uitstalling.

Die pragtige ware van Sithabe African Craft

Ntisindiso Nqakaza is een van die ontwerpers in die Mr Price Home colab collection, wat een van die nuwe winterskomberse ontwerp het.

Beeldhouwerke in alle kleure en groottes, was ook deel van die uitstallings.
