‘n Nuwe Italiaanse restaurant, Blanko, het onlangs sy deure by The Alphen boetiekhotel in Constantia geopen.
Die hotel en restaurant word deur The Kove Collection – wat verskeie ander restaurante waaronder Umi en Zenzero in Kampbaai en The Marly hotel, besit.
Die openingsgeleentheid was dié plek om gesien te word, met ‘n lang rooi tapyt, Kaapstad se glanspersoonlikhede, baie sjampanje en delikate eethappies, met lewendige musiek wat oor die hotel se uitgestrekte tuine uitgespeel het.
Die nuwe restaurant neem die plek in van die voormalige 5 Rooms Restaurant en hier sal die hoofsjef, Amber-May Deetlefs, tradisionele Italiaanse kos berei. Haar disse is eenvoudig, geurig en sluit verskeie gunstelinge in, waarvoor jy weer en weer sal wil terugkeer.
Die stiger en besturende direkteur van The Kove Collection, Paul Kovensky, se passie vir kuns is ook duidelik in Blanko te sien. Die pragtige wit mure is die ideale skilderdoek vir ‘n vennootskap met die Goodman Gallery waar werke deur bekende kunstenaars soos Diane Victor, David Goldblatt, William Kentridge, Brett Murray, Michael Savitsky, Robert Hodgins en Walter Oltmann uitgestal sal word.
Middag- en aandete word daagliks van 12:00 tot 22:30 bedien. Bespreek by 021 795-6300.
Die openingsgeleentheid was dié plek om gesien te word.
Die stiger en besturende direkteur van The Kove Collection, Paul Kovensky en Michellene Leo, bemarkingsbestuurder The Kove Collection.
Shanice Dourando, restaurantbestuurder, Tanya Coetzee en Carmen Beling.
Caitlin Baylis en Ryan Flynn.
Maryna Strachan van Wines of South Africa (WOSA) en Eloise Meyer.
Maryke is ’n ervare joernalis, wat haar liefde vir reis, mense, boeke, teater en lekker kos en wyn, op hierdie manier kan uitleef. Sy was al op elke uithoek van die aardbol – bo die wolke; in ’n lugballon; onder die water in ’n duikboot en onder die grond in tonnels – en gaan nêrens sonder haar reisgenoot, eggenoot en mede-joernalis, Clifford nie. Sy glo die lewe is te kort vir slegte koffie.