Daar was verlede week omtrent ‘n gegons by die Cape Grace Hotel toe gaste 44 Chenin blancs van 40 produsente uit Suid-Afrika kon proe en met die wynmakers gesels.
Maryke Roberts
Gaste kon Chenins proe by sewe verskillende tafels en die wyne is opgedeel in vars en vrugtig; ryk en ryp; Cap Classique; versnitte met Chenin as hoofbestanddeel; ouer oesjare en soet wyne.
Inskrywings vir die derde Standard Bank/Chenin Blanc Top 10 Challenge het ook vandeesweek gesluit en die wyne word vanaf 5 tot 7 Julie oor drie dae blind beoordeel deur ? paneel wynkenners.
Suid-Afrikaanse Chenin Blanc het die afgelope paar jaar ‘n opskudding veroorsaak en steeds gaan dié druifsoort van krag tot krag. Hierdie kultivar ryg toekennings, plaaslik en internasionaal, in en is besig om die Suid-Afrikaanse wynbedryf in die regte rigting te stuur.
Vanjaar is die derde jaar dat hierdie kompetisie plaasvind en inskrywings het aansienlik gegroei sedert drie jaar gelede. Die Top 10 wyne ontvang R20 000 elk. Sedert die ontstaan van die kompetisie het wynkelders die feit dat wynmaak spanwerk verg erken en die onderskrywing van die Top 10 Challenge dat die prysgeld gebruik moet word om ekonomiese en sosiale voordele in die werkplek te vestig, aangegryp. Die toekenningseremonie waar die wenners aangekondig word, vind plaas op 24 Augustus by Delaire Graff Landgoed in Stellenbosch.
“Ons is bevoorreg om ? strategiese vennoot te wees in die huidige Chenin revolusie,” sê Willie du Plessis, Standard Bank Uitvoerende Hoof: Besigheidsbank: Wes-Kaap. “Ons glo dat hierdie druifsoort as katalisator sal optree en die Suid-Afrikaanse bedryf in die regte rigting sal stuur.”
Vir meer inligting oor Suid-Afrika se bekroonde Chenin, loer by www.chenin.co.za
Ulrich Hohns en James Webber van KWV.
Pierre Wahl van Rijks Private Cellar en Eugene van Zyl van Leopard’s Leap.
Die voorsitter van die SA Chenin Blanc Assosiasie, Sebastian Beaumont.
Estelle Lourens van Uitkyk en Koen Roose van Spioenkop.
SOURCES
Clifford Roberts