Die vierde Cape Town Art Fair is die afgelope naweek in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gehou. Dit word gereken as die voorste internasionale kunsvertoning op die Afrika-kontinent wat ‘n wye reeks kontemporêre kuns vertoon.
Maryke Roberts
Behalwe die uitstallings, was daar ook verskeie gesprekke, waar onder meer internasionale kuns-kenners soos Francesca Bertolotti-Bailey, hoof van produksie en internasionale projekte by die Liverpool Biennial, Azu Nwagbogu, direkteur Lagos Photo en stigter van die African Artists’ Foundation, Nigerië, Alia Swastika, direkteur van die 13de Biennale Jogja, Yogyakarta, Indonesië en verskeie plaaslike kenners waaronder kurators van Zimbabwe se Nasionale Gallery, die direkteur van die Apartheid Museum, Johannesburg en ander.
Daar was ook drie kunsrondleidings deur Andrew Lamprecht en twee kunsrondleidings van die Iziko SA National Gallery deur Hayden Proud.
Liza Dyason, bestuurder van die Cape Town Art Fair, staan by Emma van der Merwe van Everard Read/CIRCA.
Die hele grondvloer van die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum is in een groot kunsuitstalling omskep.
John Meyer se gemengde media-werk, The Night of the Raven.
SOURCES
Clifford Roberts