Die vyfde jaarlikse Cape Town Art Fair (CTAF) is die afgelope naweek in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum gehou. Dit word gereken as Afrika se voorste kunsuitstalling en verteenwoordig kuns van Suid-Afrika, Afrika en lande soos Italië, Duitsland en Engeland
Woorde en foto’s: Maryke Roberts
Die uitstalling staan onder leiding van die pas aangestelde feeskurator, Tumelo Mosaka.
Die uitstalling bring meer as 80 galerye van regoor die wêreld byeen. Die werke van honderde kunstenaars is vertoon aan die duisende mense wat die drie-dag fees bygewoon het.
Behalwe die kunswerke, kunspraatjies en begeleide kunstoere, was daar ook vanjaar vir die eerste maal onder die Unframed-afdeling reuse uitstallings soos werke van Mary Sibande en nuwe media installasies.
Besoekers kon ook na oorspronklike werke van ou meesters soos Marc Chagall en Salvador Dali kyk.