Carla van der Spuy kyk na ‘n paar bisarre feestydbygelowe in ons 1 Januarie-uitgawe. Hier is nog ‘n paar interessantes …
Bygelowe:
Loop lig vir dit wat jy op Nuwejaarsdag eet of die ongeluk ry jou dalk.
Hier volg ‘n paar bygelowe oor die kossoorte wat goeie geluk kan bring:
- Die “Pennsylvania Dutch” eet op Nuwejaarsdag sauerkraut om ryk te word.
- In die suide van Amerika glo hulle dat die een wat swartoogertjies op Nuwejaarsdag voorberei ryk en gelukkig gaan wees. Hope kool, spinasie en ander groen groente sal ook geluk verseker.
- Volgens ‘n Spaanse tradisie moet jy om middernag 12 druiwekorrels eet vir elke maand van die jaar. As die druiwe soet is, sal dit voor die wind gaan.
- Talle kulture glo dat jy iets ronds op Nuwejaar moet eet, iets soos ‘n oliebol.
- Italianers in New York eet vetterige varkworsies en lensies wat ‘n teken van oorvloed en baie geld is.
Bronne: www.indiaparenting.com, www.superstitionsonline.com, www.pnwlocalnews.com, www.theholidayspot.com/christmas/superstitions, www.homorazzi.com.www.indobase.com,www.stylish.co.uk, www.dailymail.co.uk, www.daniharper.com, www.boston.com, www.mentalfloss.com