Blaauwklippen se keldermeester, Rolf Zeitvogel, het onlangs die negende jaarlikse Blaauwklippen Zinfandel-proe by die La Mouette Restaurant in Kaapstad gehou.
Maryke Roberts
Die middag het afgeskop met yskoue Diva MCC 2013 – gemaak van Zinfandel natuurlik! Gaste is toe trakteer op ‘n smul-spyskaart waar die Blaauwklippen White Zinfandel 2015; die Diva Mcc 2014 en die Zinfandel Reserve 2009 met verskeie gange deur sjef en mede-eienaar, Henry Vigar, gepasmaat is.
Gaste is ook verras met ‘n spesiale gang, genaamd G&T 2016 – ‘n tonikumjellie, suurlemoensorbet, suurlemoen curd en meringue bedien met die kelder se nuutste baba: drie jenewers: die 100% Juniper Gin, Citrus Infused en African Botanical. Dit word onder die Triple Three-etiket gemaak.
Rolf het gesê hoewel die gin niks met Zinfandel te maak het nie, het Gin en Zin hom baie aan Ying en Yang herinner, dit moes net werk! Hy het vertel van sommige van die kruie soos rooibos, boegoe en neute soos amandels wat in die distilleringsproses gebruik is.
Die proe is met mascarpone roomys en Blaauwklippen Zinfandel Grappa Reserve en koffie afgesluit. Die jenewers en nuutste Zinfandel oesjare is reeds in winkels beskikbaar.
Guy McDonald, Blaauwklippen keldermeester, Rolf Zeitvogel en 12 Apostles Hotel, Sommelier Gregory Mutambe.
SOURCES
Clifford Roberts
Maryke is ’n ervare joernalis, wat haar liefde vir reis, mense, boeke, teater en lekker kos en wyn, op hierdie manier kan uitleef. Sy was al op elke uithoek van die aardbol – bo die wolke; in ’n lugballon; onder die water in ’n duikboot en onder die grond in tonnels – en gaan nêrens sonder haar reisgenoot, eggenoot en mede-joernalis, Clifford nie. Sy glo die lewe is te kort vir slegte koffie.