Die belastingseisoen is weer met ons. Volg ons wenke om die indiening van jou belastingopgawes te vergemaklik.
1. Begin betyds
Begin so vroeg as moontlik met jou belastingopgawes, omdat dit dikwels baie werk kan vereis voor indiening. Onthou hoe vroeër jy jou opgawe indien, hoe vinniger kan jy moontlike terugbetalings kry en vermy jy die stormloop. Moenie uitstel nie omdat die SAID-kantore besig kan wees en die eFiling-stelsel kan knak onder die spertyd druk.
2. Gebruik eFiling
eFiling is vinnig, maklik en gerieflik. Jy kan tot met 22 November jou belastingopgawes indien, waar opgawes wat met die hand ingevul is, reeds 27 September moet in wees.
3. Kry aanvullende dokumente gereed
Daar is ‘n lys aanvullende dokumente wat gereed moet wees wanneer jy jou opgawe doen. Hou die volgende byderhand wanneer jy jou opgawe doen:
· IRP5-belastingsertifikaat van jou werkgewer
· Inkomstebelastingsertifikaat van jou mediesefondsskema
· Kwitansies van mediese uitgawes wat nie deur jou mediesefondsskema gedek is nie
· Belastingsertifikaat vir jou bydraes tot ’n aftreeannuïteit
· Gedetailleerde logboek van jou reiskoste
4. Wees 100% eerlik
Moet geen leuens vertel op jou opgawevorm nie omdat daar toenemende oudits deur die SAID gedoen word. Moenie die risiko loop vir moontlike boetes of belastingbedrog nie.
5. Onseker? Vra ‘n belastingkundige
As jy onseker is oor enige belastingprosedure, kan jy SAID-inbelstentrum kontak by 0800 00 7277 of ‘n belastingkundige kontak vir professionele raad. Legal & Tax is ‘n wetlikeversekeringsmaatskappy wat regs-en belastingsdienste aan hulle klante lewer. Korrekte belastingopgawevorms is belangrik, sodat boetes vermy word.