Asma is een van die algemeenste chroniese siektes wêreldwyd
Christa Swanepoel
Asma is een van die algemeenste respiratoriese siektes in die wêreld vandag. Dit affekteer een uit elke tien kinders en een uit elke 20 volwassenes. Dit kan op enige ouderdom begin, selfs by volwassenes, maar dit begin gewoonlik voor die ouderdom van vyf jaar. Die helfte van die geaffekteerde kinders sal dit gedurende die tienerjare “ontgroei”, maar as dit op volwasse ouderdom begin of terugkom nadat dit “ontgroei” is, raak die lyer selde daarvan ontslae. Dit kom dikwels in families voor. Asma kan nie genees word nie, maar kan beslis beheer word en die lyer kan ’n normale lewe lei, wat sport en ander aktiwiteite insluit. Die grootste tragedie van asma is dat dit soms nie herken en behandel word nie en die pasiënt dan onnodig swaarkry en moontlik longskade kan opdoen.
Kenmerke en simptome
Asma word gekenmerk deur vernouing van die brongi wat veroorsaak word deur:
- swelling van die slymvlies of mukosa;
- vermeerdering van taai mukus of slym in die lugweë wat deur die mukuskliere afgeskei word. Die swelling en vermeerdering van sekresies word inflammasie genoem; en
- spiere om die brongi wat saamtrek (spasma). Spasma vind plaas wanneer daar inflammasie is. Wanneer die brongi deur inflammasie en spasma vernou raak of gedeeltelik geobstrueer word, sal die tipiese simptome van asma ontwikkel.
Hierdie simptome is:
- hoes wat dikwels meer snags of met inspanning voorkom en dit kan ’n droë of ’n slymerige hoes wees wat aanhou;
- gefluit in die bors wat met uitaseming gehoor word;
- ’n drukkende gevoel op die bors wat met moeilike asemhaling gepaardgaan; en
- kortasemheid, veral ná oefening.
Snellers
Die presiese oorsaak van die asmatiese proses word nog nie goed verstaan nie, maar daar word gereken dat dit deur ’n allergie geaktiveer word of wanneer die longe deur iets in die lug geïrriteer word. Asma-aanvalle word in die meeste gevalle deur ’n allergie vir partikels in die lug aangebring, soos huisstofmyte, gras, stuifmeel van bome, swamspore en velskilfers van harige diere soos katte en honde. In Kaapstad, Durban en Transkei is gevind dat gras-, kakkerlak- en kat-allergie belangrike oorsaaklike faktore is.
Sekere kossoorte en byvoegsels kan ook as sneller dien.
Lugbesoedeling van industriële gebiede soos Mpumalanga en Gauteng, sigaretrook, motorvoertuie se uitlaatgasse, en antrasietof steenkoolvure word beskou as faktore wat die voorkoms van asma verhoog. Kinders se asma kan beïnvloed word wanneer hulle ander mense se sigaretrook inasem.
Verlengde blootstelling aan verskeie substanse word gereken om skadelik vir die longe te wees en volgens die wet is beroepsgeïnduseerde asma kompenseerbaar. Hieronder val: organiese stowwe (hout, graan, meel, tabak), isosianied, formaldehied, dam pe, rook(amiene), metale (platinum, nik kel, kobalt, vanadium), soldering- en sweis dampe, epoksiegom, akriliese suur en akrielhars.
Oefening en sport, veral in koue weer, kan asmasimptome uitlok. Met die regte behandeling kan die asma egter so goed beheer word dat die asmalyer normaal aan sport kan deelneem. Asmalyers moenie van sport weerhou word nie. Sowat 10% van Olimpiese atlete het asma. ’n Infeksie in die lugweë as gevolg van ’n virus (verkoue en griep) kan asmasimptome tydelik vererger en hierdie effek kan tot ses weke ná die infeksie voortduur.
Emosies soos opgewondenheid, woede, vrees en lag kan alles asma vererger, maar “senuwees” veroorsaak nie asma nie. Sekere algemene medisyne soos aspirien en ander anti-inflammatoriese middels kan asma uitlok. Wees ook versigtig vir “betablokkeerders”, medikasie wat vir hoë bloeddruk of oogdruppels wat vir gloukoom geneem word, want dit kan ook asma veroorsaak.
Hoe word asma behandel?
Asma kan nie volledig genees word nie, maar met die regte behandeling kan die meeste asmalyers ’n normale lewe lei. Die doel van die behandeling is om die longe en die lugweë so normaal as moontlik te kry sodat daar minimale simptome is en so min as moontlik versteuring van ’n normale lewe sal wees. Asmalyers moet aangemoedig word om die dinge wat hulle asma aanbring te vermy en, die belangrikste, gereeld hul medikasie te neem. Die dokter sal die toepaslike medikasie voorskryf.
Daar is twee hoofsoorte medikasie vir asma, naamlik voorkomende en verligtende medikasie.
1 Voorkomers. Hierdie medikasie bied beskerming teen asma-aanvalle deur inflammasie te voorkom. Die beskermende effek van hierdie behandeling word oor ’n tydperk opgebou en bly behoue as daar voortgegaan word om die medikasie gereeld te gebruik. Die medikasie moet dus daagliks geneem word wanneer dit voorgeskryf is, al voel die persoon ook goed. Die grootste fout wat baie pasiënte maak, is om te dink hul asma is genees wanneer hulle nie meer simptome ervaar nie en dan die behandeling staak.
2 Verligters. Hierdie medikasie sal on middellik verligting bring vir moeilike asemha ling gedurende ’n asma-aanval. Dit werk vin nig deur die spiere rondom die lugweë te ver slap en bied gewoonlik gou verligting van Vrouekeur 18 Mei 2007 29
Kinders en asma
As asma nie behandel word nie, kan dit ’n kind se groei vertraag en dit is potensieel dodelik. Wat is die simptome? By jong kinders is die eerste teken van asma dikwels ’n herhaaldelike gehoes, veral ná oefening of as hulle verkoue het. Soms is die eerste teken ’n gehoes wat net snags voorkom. Behalwe vir die gehyg, kortasem en benoude bors, kan ernstige asma-aanvalle die volgende insluit: moeilike of luide asemhaling, probleme om te praat; lomerigheid; versteurde nagrus; blou lippe en tong; en weiering om te eet of te drink.
Moet jy ’n dokter raadpleeg?
As jy dink jou kind ly aan asma, moet hy binne 24 uur deur ’n dokter ondersoek word, As die simptome ernstig is, ontbied ’n ambulans of neem jou kind na die naaste hospitaal se ongevalle- of noodeenheid.
Wat sal die dokter doen?
Die dokter sal uitvra oor moontlike blootstelling aan allergene en enige faktore wat jou kind angstig kan maak, soos probleme by die skool. Die dokter sal jou kind se uitasemvermoë meet om die erns van die siekte te bepaal. X-strale van die bors kan geneem word om enige verwante infeksie op te spoor. As jou kind se asma matig is, sal jou dokter brongodilator-medikasie voorskryf. Dit word gedurende asma-aanvalle ingeasem om asemhaling te vergemaklik. As jou kind se asma ernstiger is, kan jou dokter ook natrium chromoglisaat of kortisone voorskryf. Hierdie middels moet gereeld ingeasem word om aanvalle te voorkom. Sommige kinders kry mondelingse kortisone of gereelde behandeling met ’n langwerkende middel wat met ’n brongidilator ingeasem word. Kinders kan ’n inhaleerder gebruik om die middels in te neem. Vir babas word ’n verstuiwer gebruik. Dié toestel het ’n pomp wat die middel in die vorm van ’n fyn sproei in die gesigmasker vrystel.
Wat kan jy doen om te help?
As jou kind ouer as ses is, kan jou dokter voorstel dat jy ’n piek-vloeimeter gebruik om die asma te monitor; die meter behoort teen ’n aanval te waarsku. Hou ’n asmadagboek om die simptome en die lesings op die piek-vloeimeter van dag tot dag aan te teken. Hierdie rekord sal jou dokter help om jou kind se behandeling aan te pas namate die siekte verander, ontwikkel of afneem. Jy of jou kind moet altyd ’n brongodilator byderhand hê in die geval van ’n aanval. As jou kind ’n ernstige asma-aanval kry en die normale brongodilator werk nie, moet die dosis herhaal word. As dit nie die toestand verlig nie, bel jou dokter dadelik of neem jou kind na die ongevalle-afdeling van die hospitaal.
Wat is die vooruitsig?
Minstens die helfte van kinders wat dit voor die ouderdom van vyf asma ontwikkel het, se aanvalle verdwyn voor hulle volwasse is. As jou kind op 14 jaar nog asma kry, sal hy waarskynlik as volwassene steeds daaraan ly. Uit: As jou kind siek is deur dr Bernard Valman (Tafelberg) simptome. Dit word gewoonlik alleen of in kombinasie met voorkomende behandeling gebruik. Moenie iemand anders se asmamedikasie probeer sonder om eers jou dokter te raadpleeg nie. Hoewel die meeste mense met asma ’n vol en normale lewe lei, is daar enkele mense met brose of sensitiewe asma wat die risiko loop om tydens ’n akute asmaaanval te sterf. As hulle eers geïdentifiseer is, moet hulle sorgvuldig op ’n gereelde grondslag deur hul dokters gemonitor word. Asma in Suid-Afrika Daar is onbetwisbare bewyse van ’n betekenis volle toename in die getal mense met asma onder alle bevolkingsgroepe in Suid-Afrika. Oor die afgelope 25 j het die hospitaaltoelatings vir asma 25-200 keer in hospitale in Durban en Soweto toegeneem.
Asma word as onder beheer beskou as
- lastige simptome dag en nag vermy kan word;
- min of geen verligtende medikasie nodig is nie;
- lyers produktiewe, fisieke en aktiewe lewens kan lei;
- lyers (byna) normale longfunksie het; en
- ernstige asma-aanvalle vermy kan word.
Vir meer inligting oor asma, besoek www.asthma.co.za, www.pulmonology.co.za, www.allergysa.org, www.ginasthma.org
SOURCES
Verskaf