Athol Fugard se The Painted Rocks at Revolver Creek het onlangs sy Suid-Afrikaanse première by die Fugardteater in Kaapstad gehad.
Maryke Roberts
Die storie is geïnspireer deur die lewe van die plaaswerker, Nukain Mabuza, wat homself leer verf het en sy lewe in Apartheid Suid-Afrika gewy het om die klippe op sy laaste werksplaas by Revolver Creek met blomme te versier.
Hy het hulp van die jonge Bokkie, en die tyd wat hulle saam op die koppie spandeer maak ‘n ommekeer indruk op Bokkie. Nukain kom voor sy grootste uitdaging te staan: om die grootste rots heelbo op die koppie te verf – sy laaste verfwerk daar op die koppie, weens sy ouderdom.
Dit bring refleksie, spyt en hartseer by die ou man na vore en beklemtoon die onreg wat die vorige bedeling aan mense gedoen het.
Die toneelstuk het verlede jaar ‘n sukses speelvlak in New York gehad en moes verskeie kere verleng word.
Athol Fugard het in 2011 die Lifetime Achievement Tony Award ontvang vir sy skryf- en teaterwerk.
Elmarie Kleynhans, die eienaar van die plaas, versteur duidelik die heilige oomblikke tussen die ouman en jong seun. In die tweede bedryf keer Bokkie – nou bekend as Jonathan Sejake – jare later terug in ‘n demokratiese Suid-Afrika en sy pad kruis weer met Elmarie.
Dis ‘n storie van verspeelde geleenthede, hartseer, maar ook nuwe beginne en heling.
The Painted Rocks at Revolver Creek speel by die Fugard Studioteater tot 24 September. Bespreek by 021 461 4554 of Computicket.
James Phillips en Jenni Coleman by die Fugardteater wat die toneelstuk kom kyk het.
Handré Lourens, Marciel en Annaline Hopkins. Marciel was ‘n finalis in die Mej. SA 2016-kompetisie.
Tshamano Sebe as Nukain en Siya Jantjie as Bokkie.
Sne Dladla as Jonathan Sejake wat jare later terugkeer na die plaas.
SOURCES
Clifford Roberts en Jesse Kate Kramer