Dit is al lank nie meer net seuns wat op skool baklei nie, selfs meisies raak nou handgemeen
Vrouekeur-span
Dis kort-kort in die nuus – geweld in skole en kinders wat die bakleiery met hul selfone afneem. Wat egter opvallend is, is dat ons meer en meer gevalle sien waar meisies betrokke is. Waar ’n geveg tradisioneel tussen die skool se brekers ontstaan het, blyk dit nou asof meisies nie meer ongeneë is om vuiste in te lê nie. Daar is onlangs berig oor ’n bakleiery tussen drie tienermeisies in Port Elizabeth wat die dood van een van hulle tot gevolg gehad het. Die een tienermeisie is na bewering met ’n mes gesteek. Is skoolmeisies dan nou ook op die oorlogspad of is dit maar net nog ’n teken van ons samelewing se morele verval?
Wenke vir ouers
Ouers kan die volgende onthou:
1. Kinders behoort deur die voorbeeld van ouers te leer om Ek-boodskappe te gee. Dit sluit in die bewoording van ware gevoelens, die erkenning van wat gebeur het en die verwoording van die implikasie van die gedrag.
2. Kinders moet aangemoedig word om dagboek van hul ware emosies te hou.
3. Ontlading van emosies deur byvoorbeeld kuns, musiek of ander stokperdjies moet aangemoedig word.
4. Luister na jou kind se musiek en vra vrae daaroor eerder as om dit te veroordeel.
5. Kinders moet van kleins af geleer word om te praat as iets hulle hinder.
6. Waak teen oorreagering.
SOURCES
Verskaf