JACKIE PIENAAR-BRINK
Andriëtte Norman, vorige Idols-wenner, het toergewys haar besigste Desember nog agter die rug. Sy het kort voor haar optrede einde Desember in The Barn buite Plettenbergbaai ‘n paar vrae beantwoord.
Watter liedjies op jou vyf CD’s sal jy as jou gunstelinge beskryf?
Sewe oseane en Napoleon.
Van watter tipe musiek hou jy?
Ek is baie lief vir ou musiek en rock: Elton John, Billy Joel, Joan Armatrading, Eric Clapton, Queen, Def Leppard, ACDC. Ek memoriseer nie die nuwe musiek nie, maar die oues, soos ‘n lekker Queen-compilation, sal ek altyd weer in my CD-speler sit. My enigste Afrikaanse CD’s is van Steve Hofmeyr, Riana Nel en Theuns Jordaan.
Wat dink jy van die plaaslike sangtalent?
Bottomless Coffee het op my troue gesing.
Jy het pas voor duisende mense in Hartenbos opgetree. Verkies jy groot of kleiner gehore?
Eintlik verkies ek ‘n intieme gehoor soos ‘n restaurantteater, waar ek amper al die mense in die oë kan kyk.
Wanneer kan ons jou volgende CD verwag?
Ek wil graag vanjaar daaraan begin werk. Miskien so teen middel 2017.
Vir besprekings: [email protected] of 071 604 9325