As jy mooi mense, goeie kos en wyn en dié leefstyl wil geniet, is The Lookout Waterfront by die V&A Waterfront in Kaapstad altyd ‘n goeie begin
Deur Maryke Roberts
Foto’s Clifford Roberts
Met sy onbelemmerde uitsigte oor Tafelbaai, die berg wat agter die gebou waghou en altyd iets opwindends wat daar gebeur, kan jy nie verkeerd gaan nie. Veral nie as American Express en goeie wyne in die prentjie is nie.
Verlede week het gaste en American Express kaarthouers, die raar voorreg gehad om wyne te proe van meer as 20 wynplase in familiebesit. Daar was ook nie net wyne nie, maar whiskey, gin en craft bier te proe. Gaste kon voordeel trek uit die kelderdeur-pryse en sommer die wynmakers en persoonlikhede agter die groot wyn-handelsmerke ontmoet.
Daar is tot ná sononder gekuier, nadat gaste aan ‘n Amazing Race-wedloop kon deelneem, waar wynmakers en stalletjiehouers moes help met verskeie leidrade om ‘n walvistoer in Hermanus te wen.