Samsung het nie terugghou nie en sommer 5 nuwe selfone bekendgestel: Die Galaxy S10E, die Galaxy S10, die Galaxy S10 Plus, die Galaxy S10 5G, en die Galaxy Fold, Samsung se voubare slimfoon.
Galaxy Fold
- Toegevou het dit ‘n 4.6-duim-skerm, as jy dit oopvou het jy ‘n 7.3-duim-tablet.
- Dit is in 4 kleure beskikbaar: Swart, groen, silwer en blou. Jy kan ook die skanier se kleur verpersoonlik.
- As die slimfoon oopgevou is, kan jy tot 3 toeps op ‘n slag gebruik
- 12 GB RAM, 512GB spasie wat beteken dat dit vining en kragtig is
- 6 kameras – 3 aan die agterkant, 2 aan die binnekant en 1 aan die voorkant
- Jy kan tussen die skerms oorskakel. As jy ‘n toep op die voorste skerm gebruik en jy vou die slimfoon oop, sal die toep daar verskyn.
- Word verwag dat dit in Mei 2019 in Suid-Afrika beskikbaar sal wees
- Prys begin by $1 980, ongeveer R27 500
Galaxy S10
- 6.1-duim-“edge”-skerm
- Ultrasoniese vingerafdruksensor. Dit is onder die skerm van die foon. Dit gebruik ultrasoniese skandering, eerder as optiese skandering, so dit werk beter in helder sonlig en nat toestande.
- Prism kleure: wit, swart en groen
- 3 kameras agter wat beteken dat jy ultrawye foto’s kan neem. Samsung vergelyk dit met ‘n professionele fotograaf wat kameralense verander soos hy besig is.
- Videos word in HDR10+ geneem. Videoneem is ook meer stabiels as met die Galaxy S9.
- Adobe Rush sagteware sal jou help om jou videos maklik te redigeer.
- CPU is 29% beter as vorige generasie Galaxy’s en die grafika is 37% beter
- Koordlose herlaaiing-verbeteringe beteken dat dit 36% vinniger as voorheen sal laai
- Wifi 6
- 3 400mAh battery
- Beskikbaar vanaf 8 Maart 2019
- Prys begin by R20 999
Galaxy S10 Plus
- 6.4-duim-“edge”-skerm
- Prism kleure: wit, swart en groen en ook 2 nuwe keramiek-kleure: wit of swart
- Ultrasoniese vingerafdruksensor
- 3 kameras agter
- 2 kameras voor
- 4 100mAh battery
- Beskikbaar vanaf 8 Maart 2019
- Prys begin by R18 999
Galaxy S10E
- 5.8-duim plat skerm
- Prism kleure: wit, swart en groen
- Kant vingerafdruk
- 2 kameras agter
- 1 kamera voor
- 3 100mAh battery
- Beskikbaar vanaf 8 Maart 2019
- Prys begin by R15 999