Samsung se nuutste slimfoon, die Samsung Galaxy Note 9 is bekendgestel en hier is alles wat jy van dié slimfoon wil weet
Die superkragtige Samsung Galaxy Note 9 met sy kenmerkende S Pen en groter skerm is hier om die digitale wêreld nóg beter te maak. Dis ontwerp vir kliënte wat ‘n toestel benodig wat beide persoonlike en professionele behoeftes ondersteun.
Plaaslike beskikbaarheid
Samsung Suid-Afrika het bevesig dat die Galaxy Note 9 in Suid-Afrika beskikbaar sal wees vanaf die 24ste Augustus in 3 kleure – Midnight Black, Metallic Copper en Ocean Blue.
Die Lavender Purple-kleur sal kort na dit bekendgestel word.
Aanvanklik sal net die 128GB-model van die Galaxy Note 9 plaaslik beskikbaar wees.
Dié model sal teen ‘n aanbevole kleinhandelprys van R18,999 beskikbaar wees.
Klik hier en lees ook meer op Samsung se webwerf
Die Galaxy Note 9 kombineer basiese beginsels met slimfunksies om te verseker dat gebruikers produktief bly, maak nie saak waar hulle is of wat hulle doen nie:
- S Pen: met afstandbeheer wat gebruikers in staat stel om meer te doen. Dit beskik ook oor BLE – “Bluetooth Low-Energy” wat dit nog sterker maak: jy kan dit as ‘n klikker gebruik in jou PowerPoint-aanbiedinge en met verpersoonlikte klikke kan jy vinning ‘n toep begin of ‘n foto neem.
- Spoed en krag: dié slimfoon is só vinnig dat jy inhoud aanlyn kan kyk of aflaai sonder dat dit vashaak.
- Geheue: die geheue van die nuwe Galaxy Note9 is standaard 128GB of 512GB en dit kan tot en met 1TB vergroot word met behulp van ‘n ekstra geheuekaart. Dit beteken jy hoef nie kort-kort van jou foto’s en videos uit te vee om meer spasie te maak nie!
- Samsung DeX: deur ‘n enkele HDMI-kabel aan ‘n skerm te verbind, verander die slimfoon in ‘n rekenaaragtige-ervaring met eenvoudige plug and play.
Waarvan hou ons nog?
- Die 6.4” Infinity skerm is baie groot en baie gerieflik!
- Kragtigste kamera nog – die kamera pas self aan by die lig sodat jy die mooiste foto’s enige tyd en plek kan neem.
- ‘n Battery wat jou regtig die hele dag sal hou. Dit is Samsung se sterkste battery nog ooit wat jou toelaat om dag en nag op jou slimfoon doenig te wees.
- Dubbel simkaarte – jy kan nou twee simkaarte in een selfoon gebruik, hetsy ‘n persoonlike simkaart en werksimkaart of om jou persoonlike nommers te skei.
- Sekuriteitsagteware (Samsung Knox) wat jou selfoon nóg veiliger maak.
Pryse:
- Galaxy Note 9 128GB – R18,999
- Galaxy Note 9 512GB – R23,999
- Galaxy Watch Bluetooth – R5,499-R6,499
Loer na hierdie inligtingsgrafika van die S Pen
Eersteklas sekuriteit is nou belangriker as ooit. Die Samsung Galaxy Note 9 kombineer verdedigingskwaliteit met die mees omvattende konfigurasie-, implementerings- en bestuursfunksies op die mark:
- Samsung Knox lewer die bedryf se voorste sekuriteitskenmerke aan die onderneming se beskermende toestelle by verskeie lae, insluitend hardeware-sagteware en toepassings.
- Gestroomlynde implementering: Knox Configure laat ondernemings toe om toestelle in grootmaat op te stel om instellings te verander, sagteware te installeer en beleidsopdaterings vir verdere beskerming.
- Ondernemingsbestuur: E-FOTA stel bestuurders in staat om OS-opdaterings en sekuriteitsplate te beheer vir ‘n hele vloot toestelle via bestaande EMM-infrastruktuur.
- Biometriese verifikasie: Samsung bied verskeie opsies vir verifikasie wat by verskillende werksomgewings pas, insluitend vingerafdruk-skandering, iris-skandering, gesigherkenning en intelligente scan.
- Enterprise Edition: Samsung se Enterprise Edition-ontgrendelde slimfone kom saam met Knox Configure, Samsung E-FOTA op MDM en gereelde beveiligingsopdaterings ingesluit. Nou kan jy die impak wat jou besigheid eis met die kombinasie van kragtige en eenvoudige toestelbestuur, ondersteuning van maatwerk-oplossings, aanpassingsvermoëns en verdedigingskwaliteit.
Loer hier na die Samsung Galaxy Note 9 se spesifikasies
Galaxy Note 9 | |
Skermgrootte | 6.4 duim |
Kamera | Agter: Dubbel kamera met dubbel OIS (Optical Image Stabilization), 12 megapixel wye-hoekkamera, 2 x optiese zoom tot en met 10 x optiese zoom en ‘n 12 megapixels telefoto
Voor: 8 megapixel kamera |
Foongrootte en gewig | 161.9 x 76.4 x 8.8mm, 201g
S Pen: 5.7 x 4.35 x 106.37mm, 3.1g |
AP | 10nm 64-bit Octa-core processor (Max. 2.7 GHz + 1.7 GHz)
10nm 64-bit Octa-core processor (Max. 2.8 GHz + 1.7 GHz) |
Geheue | 6GB RAM, 128GB + MicroSD gleuf (tot en met 512GB)
8GB RAM, 512GB + MicroSD gleuf (tot en met 512GB) |
SIM Card | Single: Een Nano SIM en een MicroSD gleuf (tot en met 512GB)
Hybrid: Een Nano SIM en een Nano SIM of een MicroSD gleuf (tot en met 512GB) |
Battery | 4,000mAh
Kan herlaai met ‘n herlaaikoord of wireless charging |
OS | Android 8.1 (Oreo) |
Sensors | Accelerometer, Barometer, Fingerprint Sensor, Gyro Sensor, Geomagnetic Sensor, Hall Sensor, Heart Rate Sensor, Proximity Sensor, RGB Light Sensor, Iris Sensor, Pressure Sensor |
Verifikasie | Lock Type: Patroon, Pin, wagwoord Biometriese Lock Types: irisskandeerder, vingerafdrukskandeerder, gesigherkenningIntelligent scan: Kombineer irisskandeer en gesigherkenning om jou foon gerieflik en vinnig oop te maak en in sommige gevalle bied dit verbeterde sekuriteit vir sekere verifikasie dienste. |
Oudio | MP3, M4A, 3GA, AAC, OGG, OGA, WAV, WMA, AMR, AWB, FLAC, MID, MIDI, XMF, MXMF, IMY, RTTTL, RTX, OTA, DSF, DFF, APE |
Video | MP4, M4V, 3GP, 3G2, WMV, ASF, AVI, FLV, MKV, WEBM |
*Alle inligting reg teen tyd van aanlynpublikasie.