Wimpy verstaan hoe belangrik tyd saam met jou mense is en moedig daarom gesprekke aan oor ‘n heerlike maaltyd en daardie ikoniese Wimpy-koffie.
Talle Suid-Afrikaners lei baie besige lewens. Hulle hardloop van die een afspraak na die ander, het ‘n duisternis spertye om te haal en dan moet hulle dit nog met hul sosiale lewe en gesinstyd balanseer. Hierdie gejaagdheid laat min tyd toe vir kuiers saam met familie en vriende. Wimpy verstaan hoe belangrik tyd saam met jou mense is en moedig daarom gesprekke aan oor ‘n heerlike maaltyd en daardie ikoniese Wimpy-koffie.
Dit is juis hierdie beginsel wat Wimpy volhoubaar gemaak het en so ‘n Suid-Afrikaanse gunsteling laat word het. Nadat die eerste restaurant 50 jaar gelede suksesvol in Murchies Passage geopen is, het Wimpy met rasse skrede gegroei en vandag is daar al bykans 500 takke landwyd.
Hoewel ons ‘n sterk erfenis het, het ons met verloop van tyd gegroei en by die immer veranderende verbruiker aangepas om steeds relevant te bly.
Ons bied verskeie handelsformate aan om in uiteenlopende verbruikersbehoeftes en lewenstyle te voorsien.
Afgesien van die tradisionele restaurante met wegneemopsies, bied Wimpy ook ‘n deurry-opsie vir haastige verbruikers wat gou hul Wimpy-gunsteling wil gryp en gaan.
Vir diegene wat hul maaltyd op die ou manier wil geniet, is die Padkafee ideaal, want hulle kan hul gunstelingkos geniet sonder om hul voertuie te verlaat. Vir diegene op die lang pad is daar verskeie Wimpy Engen 1 Stops op die hoofroetes, want wat is ‘n reis sonder Wimpy se burgers, melkskommels of ikoniese koffie?
Die spyskaart is natuurlik ‘n integrale deel van Wimpy se besigheid, want kos is immers hul besigheid! Hoewel Wimpy trots is op hul bekende burgers en koffie, word innoverende maaltye en nuwe geure deurlopend geïnkorporeer om tred te hou met markneigings en behoeftes.
Daar is sonder twyfel iets vir almal op die Wimpy-spyskaart, of jy nou oud of jonk is.
Om te verseker dat jy as die verbruiker die beste moontlike diens en kos kry, belê Wimpy in hul personeel deur innoverende opleidingsmetodes om seker te maak dat hulle professioneel in verbruikers se behoeftes kan voorsien.
Die inklusiewe sakebenadering van vriendelike diens, gehaltemaaltye teen bekostigbare pryse en ‘n verwelkomende atmosfeer, is wat van Wimpy ‘n pionier en leier in die “vinnige diens”- en informele restaurantsektor maak.
Wimpy se vermoë om Suid-Afrikaanse gesinne saam te snoer om kosbare oomblikke te geniet is wat hierdie handelsmerk so geliefd en gewild maak. By Wimpy kry jy nie net kos nie, jy kry gesinsoomblikke.
Om Wimpy te help om wonderlike toekennings in die 2018 Best Of Readers’ Choice Awards in the Dining Out-kategorie te wen, besoek asseblief die volgende webwerwe en registreer om te stem:
- Mbombela – www.bestofmbombela.co.za
- Bloemfontein – www.bestofbloemfontein.co.za
Klik hier om Wimpy se webwerf te besoek of volg hul op Facebook – WimpySA en op Twitter – @wimpy_sa.