Kinders wat in die kouer maande binne speel, kan jou soms gek maak! Met die onlangse bekendstelling van Clover se TV-program Little Big Cook Off, het ons drie maklike en prettige resepte gekry wat kinders besig en gelukkig sal hou.
Clover-kolwyntjies
200 g Clover Mooi River-botter
¾ k strooisuiker
2 k bruismeel
1 k Clover-suurroom
1 t vanielje
3 eiers
Clover-versiersel
125 g Clover Mooi River-botter
2 k versiersuiker
50 ml kondensmelk
voedselkleursel
Voorverhit oond tot 180 °C
1 Voer muffinpan met kolwyntjiepapiertjies uit.
2 Klits botter en suiker met elektriese klitser tot lig en donserig.
3 Voeg eiers een vir een by en klits ná elke byvoeging.
4 Roer die helfte van die bruismeel en die helfte van die Clover-suurroom by en voeg dan die res by.
5 Skep die mengsel in die voorbereide pannetjies en bak vir 15 tot 18 minute.
6 Laat in pan afkoel.
7 Versiersel Klop die botter tot lig en voeg versiersuiker bietjie vir bietjie by tot klaar. Roer kondensmelk by tot die regte tekstuur.
8 Voeg bietjie kleursel by vir ‘n prettige versiersel.
Clover-klapperys
1 blik Clover-kondensmelk
5 k droë klapper
500 g versiersuiker
paar druppels pienk voedselkleursel
1 Meng al die bestanddele in ‘n groot mengbak tot ‘n stywe deeg.
2 Verdeel die mengsel in die helfte, kleur een helfte pienk en druk dit in uitgevoerde bakpan vas.
3 Druk die wit helfte op die pienk vas.
4 Plaas in yskas vir paar uur voor jy dit sny.
Clover-pannekoek
2 eiers
1 k meel
250 ml Clover-melk
knypie sout
1 Meng al die bestanddele in ‘n menger.
2 Verhit ‘n pan op matige hitte en gooi ‘n soplepel vol deeg in die pan. Draai die pan sodat die deeg die bodem kan bedek.
3 Bak vir ongeveer 10 sekondes voor jy dit omdraai en vir ‘n paar sekondes aan die ander kant bak.
4 Dien dit op die tradisionele manier op met suiker, kaneel en ‘n skeut suurlemoensap.
Geur dit!
Jy kan hierdie pannekoeke ook in ‘n vinnige en heerlike middel-van-die-week-maaltyd omskep (waaroor jou kinders mal sal wees) deur een van hierdie gevulde kombinasies by te voeg:
Geurige hoender met Clover-suurroom en guacamole.
Clover se Tussers-kaas en mielies.
Clover-goudakaas en spek of ham.
Clover-fetakaas en roerbraaigroente.
Clover-suurroom met Clover-kaas en sprietuie.
Meer oor die Clover Little Big Cook Off
Clover is op soek na ouer-kind-kookspanne om in die Little Big Cook Off mee te ding. Dis die eerste TV-reeks van sy soort en skop op 10 Mei op SABC3 af.
Die program word deur Zuraida Jardine aangebied en die deelnemers sal teen ander familiespanne in verskeie resepuitdagings te staan kom.
Besoek www.littlebigcookoff.co.za
SOURCES
Verskaf