Ek het amper agteroor getuimel toe my geliefde ’n paar jaar gelede, aan die begin van ons verhouding, op
grond van sy navorsing en werk, vir my in ’n neutedop probeer verduidelik het hoe mans vroue in die Antieke era beskou het – ’n tydperk waarin mans geheel en al die kitaar geslaan het en vroue as “onvolmaakte mans†gereken is.
Ek het amper agteroor getuimel toe my geliefde ’n paar jaar gelede, aan
die begin van ons verhouding, op grond van sy navorsing en werk, vir
my in ’n neutedop probeer verduidelik het hoe mans vroue in die Antieke era beskou
het – ’n tydperk waarin mans geheel en al die kitaar geslaan het en vroue as
“onvolmaakte mans” gereken is. Dis ’n onderwerp wat menige PhD-tesis al die lig
laat sien het en om dit in ’n paar honderd woorde te probeer opsom, is onmoontlik.
Ek deel egter graag iets wat ek by my geliefde te wete gekom het:
Die woord “histeries” is afgelei van die antieke Griekse woord “hystera”
(lees hoestera). “Hystera” is die antieke Griekse woord vir “uterus”. Sommige
Griekse geneeskundiges (daardie tyd se medici) het gedink die uterus beweeg in
’n vrou se lyf rond. Hoe hoër op die uterus kwansuis in die lyf sou beweeg, hoe
“waansinniger” sou sy raak. Met ander woorde, al meer “histeries”. Daarom het
hulle gedink die uterus moet geanker word om stabiel te bly (stabiliteit was net nóg ’n
bewonderenswaardige manlike eienskap).
En hoe kry jy die uterus stabiel? Jy maak die vrou swanger. Dis een van die redes
hoekom dit “goed” was dat vroue soveel as moontlik kere swanger geraak het. Hou
jou vrou swanger en sy is minder histeries, was mans se “slim plan” en die algemeen
aanvaarde denkwyse.
Hoewel ons lankal van ’n klomp verkeerde aannames afskeid geneem het,
het van die stereotipering rakende vroue egter deur die eeue heen vasgesteek en
ons geslag sukkel nóú nog om daarvan Die ontslae te raak. G’n wonder dit is in
die 21ste eeu steeds vroue wat as die histeriese gender beskou word nie. Mans
word selde daardie emosie toegevoeg.
Bitter min mans en vroue weet dat die boksie waarin vroue geplaas word, eintlik van ’n antieke wanbegrip oor die vrou se fisiologie afkomstig is. Dit laat ’n mens dink oor stereotipering (hoop ek).
Siende dat ek redelik skepties daaroor is om mense in boksies te plaas, het ek aanvanklik maar langtand aan die artikel “Herken jy jouself”? begin lees, maar hoe verder ek gelees het, hoe interessanter het
dit geraak. En voor ek my kom kry, het ek die aanlynvraelys ingevul om te sien waar
ek (stereotipies) inpas. Hoewel dit vroue weereens klassifiseer, het ons gelukkig
darem nou vyf kategorieë waarin ons kan pas en nie net meer een nie – want ons is
gewis nie almal dieselfde nie – genadiglik vir die Adams en die Evas!
En as mans steeds wonder oor vroue en sukkel om hulle te verstaan, kan ek
julle gerusstel, julle is nie alleen nie en dis nie net die Grieke wat oplossings vir ons
andersheid probeer soek het nie. Sigmund Freud het die volgende oor die onderwerp
te sê gehad: “The great question that has never been answered, and which I have
not yet been able to answer, despite my thirty years of research into the feminine
soul, is ‘What does a woman want?’”