Hierdie week se Vrouekeur is weer propvol lekkerlees-artikels! Hier is 13 redes hoekom jy 20 Oktober 2017 se Vrouekeur moet koop
1. Poeksie Woeksie se Worsie Wapsie is terug!
Frank Opperman en Sally Campher gesels oor die nuwe sitkom, Ouboet en Wors, wat tans op kykNET is.
Loer aan die einde van dié artikel na nog foto’s van hul voorbladfotosessie
2. Kry die perfekte resep vir kaasstokkies
3 En ’n resep vir ‘n steak -en -niertjie-pastei, geroomde spinasie, en botteraartappels
4. Wees ’n toeris in Kaapstad
Maryke Roberts het vroeër vanjaar op CNN ’n video gesien getiteld ‘Kaapstad in 24 uur’. Sy het toe net daar besluit om plek vir ’n naweek in Seepunt te bespreek – al is dit net 35 minute se ry van hul voordeur af
5. Hekel: ontwerp jou eie romp
6. Ons gesels met Martie Preller
Sy is een van ons land se mees bekroonde Afrikaanse kinderboekskrywers, het nie alleen byna 40 boeke gepubliseer nie, sy het oor die jare werklik deel van Suid-Afrikaanse huishoudings en klaskamers geword
7. ‘Ek vind my suster na 33 jaar’
Twee pare sibbe het mekaar ná 33 jaar herontmoet. Hulle vertel hul verhaal
8. Raak ontslae van sinusitis met 10+ wenke
Baie mense gaan deur die jaar om verskeie redes onder hooikoors en sinusitis gebuk, maar hierdie tyd van die jaar is veral erg
9. Kyk wat is ons skoonheidsredakteur se topkeuses
Natasha van Wyk het gaan kyk watter neigings en produkte nuut is PLUS jy kan ‘n LCN-geskenkpak wen
10. Jou kind en tegnologie
Kinders het vandag ander probleme as wat jy as kind gehad het en tegnologie kan een daarvan wees
11. Is selfvertroue die sleutel tot sukses?
Hoekom het sommige mense selfvertroue (soms te veel!) en ander nie? En kan ’n mens selfvertroue kweek?
12. Hier is die geheim vir ‘n werksonderhoud
Daniëlla van Heerden het ’n paneel kenners se raad gevra oor hoe om ’n werksonderhoud met vlieënde vaandels te slaag
13. Die stryd teen chroniese pyn
Een uit elke vier Suid-Afrikaners leef daagliks saam met chroniese pyn en dit het ’n ernstige impak op hul welstand, skryf Elize Parker