Dis nie net die kos wat ‘n besoek aan die Oyster Box-hotel in Umhlanga regverdig nie.
Wilna Myburgh
Die Oyster Box het in 1947 in Umhlanga oopgemaak. Dié hotel is bekend vir sy uitstaande kos – maar hier’s nog nege redes waarom jy dit moet besoek!
1 Die The Ocean Terrace-patio het ‘n uitstekende uitsig oor die Indiese Oseaan met ‘n bistro-styl spyskaart. Daar is ‘n houtvuuraangedrewe pizza-oond en ‘n Tandoori-oond. Gunstelinge om hier te geniet is die pizzas en vars seekos.
2 Die Ocean Terrace Restaurant se kerriebuffet het ‘n uitsonderlike verskeidenheid kerriesoorte, insluitend vleis, vis en vegetaries.
3 Die High Tea is ‘n lang, ontspanne kuier met verversings soos varsgebakte skons, gebak, quiches en koek, wat saam met lewendige klaviermusiek geniet word. Die spyskaart verander gereeld.
4 Vir ‘n meer intieme ete is daar die sjef se tafel in die wynkelder wat tot 10 gaste kan akkommodeer. ‘n Spyskaart word spesiaal vir die geleentheid ontwerp.
5 Sommelier Juliet Uruqhart het ‘n uitgebreide lys plaaslike en internasionale wyne. Hy is enige tyd beskikbaar om te help om die perfekte wyn vir jou ete te help kies.
6 Die Grill Room se spyskaart is ‘n geïnspireerde kombinasie van populêre disse wat deur Bea Tollman, die president van die Red Carnation Hotel Collection, geskep is en nuwe disse van regoor die wêreld. Elke Saterdagaand is daar ‘n aandete en dans in die Grill Room.
7 Die Oyster Bar is die perfekte plek om skemerkelkies te geniet of voor ete in te loer. Geniet verkilde vonkelwyn en vars oesters of ‘n ligte ete.
8 Die The Lighthouse Bar bied ‘n asemrowende uitsig oor die Indiese Oseaan en die ligtoring.
9 Outentieke Gueridon-bediening is nog beskikbaar: dit beteken dat sekere kosse by die gaste se tafel voorberei word.
10 Daar is ‘n 24-sitplekteater met spesiale aandete-en-fliekpakkette vir hotelgaste en privaatgebruik.
Vir meer inligting
- Bel 031 514 5000
- E-pos [email protected]
- Besoek www.oysterboxhotel.com
Maryke is ’n ervare joernalis, wat haar liefde vir reis, mense, boeke, teater en lekker kos en wyn, op hierdie manier kan uitleef. Sy was al op elke uithoek van die aardbol – bo die wolke; in ’n lugballon; onder die water in ’n duikboot en onder die grond in tonnels – en gaan nêrens sonder haar reisgenoot, eggenoot en mede-joernalis, Clifford nie. Sy glo die lewe is te kort vir slegte koffie.