Leef jou droom (ongeag jou ouderdom), terwyl jy nog werk! Die Imbalie Beauty Franchise Group is die brein agter Dream Nails, Placécol en Perfect 10.
Studeer om ‘n grimeerkunstenaar, skoonheidsterapeut of naeltegnikus te word terwyl jy jou huidige werk doen. Jy kan ook leer hoe om jou eie skoonheidbesigheid te begin en te onderhou.
Kursusse volg vier fases. Fase 1 is aanlyn selfstudie om die nodige terminologie en metodologie op jou eie tyd te leer. Fase 2 is ‘n praktiese fase waar ‘n kenner die nodige vaardighede onderrig by die hoofkantoor in Woodmead. Praktiese klasse kan oor naweke gereël word sodat dit nie met jou huidige werk inmeng nie. Fase 3 is ‘n unieke ‘incubation’ fase waar studente hulle vaardighede kan verfyn terwyl ? mentor hulle begelei. Fase 4 is die ‘job preperation and placement’ fase. Hier word studente die nodige vaardighede geleer om onderhoude en die werkomgewing in hierdie bedryf te bemeester.
Gaan loer op www.imbaliebeauty.co.za/ImbalieTrainingAcademy vir meer inligting. Stuur ‘n e-pos aan [email protected] of bel 011 086 9800