Lyk mooi modern in ‘n patroonbroek.
Natasha van Wyk
Die regte patroon op ’n kledingstuk kan wondere verrig! Dit gee ’n uitrusting dimensie en dis moeilik om só ’n artikel vervelig te laat lyk. Mosaïek- of paisleypatrone is die veiligste keuses.
Vermy enige prominente horisontale of vertikale strepe as jy twyfel. Dit kan jou breër laat lyk.
DOEN DIT SO
Ons het vir Marinda ’n noupypbroek met monochroom patrone gekies. Omdat dié broek haar uitrusting lewe gee, moet eenvoudige artikels daarmee gedra word. ’n Netjiese baadjie in koraalkleur gee kleur en voltooi die uitrusting.
KOOP DIT HIER
Broek, R119,99, Jet; swart top, R199,95, Kelso, Edgars; koraalkleurige baadjie, R159,99, Jet; hakskoene, R179,95, Ackermans; silwer armband, R155, Lulu Belle; oorbelle, R49,95 vir ’n stel van drie, Edgars; armbande, R89,95, Edgars
SOURCES
Elmarie Knapton