Lees ons 15 Januarie uitgawe vir wenke oor alles onder die son en wenprodukte. Hier is nog ‘n paar moet-probeer gunstelinge
NATASHA VAN WYK
Ideaal vir jou hele lyf
1 Nivea Sun Protect & Refresh Invisible Cooling Mist SPF 20 is ‘n deursigtige sproei wat maklik oor groot areas aangespuit kan word en voel glad nie olierig of taai nie, R109,99 vir 200ml
2 Bergasol Bronzage Passion Sun Milk SPF 20 Dié sproei sorg vir intense verkleuring terwyl dit jou steeds teen UVA –en UVB-strale beskerm, R235 vir 125ml, Clicks.
3 As jy graag aktief in die son is, probeer Nimue Sun-C Body Spray Sport SPF 50. Dit is waterbestanden bevat antioksidante, R499, 011 036 9600
4 Nog ‘n waterbestande sonsproei is Justine SolarTec Skincare Acive Sun Protection Spray SPF 50, R250, www.justine.co.za
5 Onthou ook jou lippe! LipSano Lip Care SPF 30, R49,95, Clicks en Dis-Chem
6 Ideaal vir ‘n songebrande vel
Dis nooit ‘n goeie idee om in die buitelig te kom sonder beskerming nie. Maar as jy het sal Vitality Aloe Vera Gel jou rooigebrande vel streel en kalmeer. Dit bevat vitamien E en 90% suiwer Aloe Vera, R46,50
Ideaal vir jou gesig
7 Justine SolarTec Skincare Age Defence For Face SPF 30 bevat vitamien E wat die vel voed en bevogtig terwyl dit teen UVA –en UVB-strale beskerm, R250, www.justine.co.za
8 As jy jou gesig ‘n bietjie wil verbruin kan jy Bergasol Bronzage Passion Sun Cream for Face probeer, R350, Clicks
9 Vir die meer sensitiewer velle gaan Eau Thermale Avène Fragrance-Free Emulsion SPF 50 goed werk. Dit is hipoallergenies en bevat antioksidante en maak ook nie wit strepe as jy dit aanwend nie, R229,95, Clicks
10 Hierdie oulike sonroom bevat ‘n tint sodat jy ekstra dekking het as jy dit sou wou hê. Veral goed om te gebruik op gepigmenteerde velle. Bioderma Photoderm M Tinted Protective Cream SPF 50 in Golden Colour, R219,95, Dis-Chem en Clicks. Of probeer (11) CaribbeanTan Sun Protection Tinted Facial Moisturiser SPF 20 wat ook bronzer bevat, R69,95
Ideaal as jy sonbruin wil word
12 As jy kan, vermy die son soveel moontlik en word eerder bruin met een van hierdie verbruiningsrome. Palmer’s Sunless Tanner & Instant Bronzer SPF 15, R75, word vinnig droog en jy kan na aanwending buite baljaar sonder om te bekommer oor sonskade. (13) Palmer’s Natural Bronze Body Lotion wat ‘n natuurlike bruin kleur opbou, maar nie ‘n SBF faktor bevat nie is ook ‘n lekker produk vir elke dag, R77, Dis-Chem
14 Vermy selfverbruiningstroke en strepe met Xen-Tan Blending Balm Daily Use. Gebruik dit vooraf onder jou voete en hande waar jy nie wil verbruin nie of na die tyd om die verbruiner meer egalig te laat lyk, veral op die elmboë en langs die voete en hande, R170, www.xen-tan.co.za
En die regte gereedskap vir egalige aanwending…
15 Maak die lewe makliker met Xen-Tan se Hard to Reach Back Applicator, R165, www.xen-tan.co.za, en met (16) CaribbeanTan se Self-Tanning Application Mitt kan jy jou lyf verbruin sonder om jou hande té erg te verkleur, R24, Dis-Chem en Clicks
*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys
SOURCES
PETER WHITFIELD en verskaf