As jy teen dié tyd nog nie jou winterklerekas weggepak het nie, lees eers hier om uit te vind waarmee jy dit moet vervang!
Alia Motani van die modehuis BLU (Brands Luv U) gee vir ons 5 wenke om stylvol te bly.
1. Dit moet uitklok! Palazzo broeke en uitklokmoue (circa die jare sewentig) is gesofistikeerde, ontspanne mode. Rond dit af met boho-bykomstighedeen stylvolle ronde sonbrille.
2. Mikro-plooitjies, strepe en blompatrone is die maklikste en mees ‘drabare’ modes om van te kies. Mikro-plooitjies – die moet-hê modestuk van 2016 – lyk pragtig met ? los bloes en hakskoene met bandjies of wat opryg. Vir mans is subtiele strepe en blompatrone nou weer in die kol. Dit gee ? waaghalsige gevoel aan gewone gemaklike drag.
3. Athleisure (atletiese drag) isdie resultaat van ? meer gesondheidsbewuste mensdom. Hierdie modeneiging is ook ? voorsetting van die pop en straatkultuur waarmee mode van onlangs so behep is. Die geheim hier is balans. Dra ? paar wit tekkies met ? gepaste, netjiese broek en ? sjiek bloes of eenvoudige T-hemp.
4. Wys ? bietjie vel met van-die-skouer-af tops of ‘uitgesnyde’ tops. Skouerlose -of enkelskouer rokke- en tops lyk elegant gedrapeer oor of onder jou decolleté – uiters sag en vroulik! Tops met uitgesnyde detail is modieus vir beide gemaklike of formele geleenthede. Dra dit met jeans, ? kortbroek of ? middellyfbroek. Jou winter enkelstewels sal so ? uitrusting mooi afrond.
5. Kies ligte materiale en aardse kleure. Sagter denim en delikate materiale in vloeiende snitte gee somermode ? ontspanne voorkoms. Kleurskemas beweeg weg van te helder na alles-wit, sowel as kakie en sagte groene.