Voorkom infeksies en puisieuitslae deur jou skoonheidgereedskap gereeld skoon te maak of te vervang.
Hoe gereeld, vra jy? Ons het dit vir jou mooi opgesom:
- Maskara = Vervang drie maande na jy dit oopgemaak het
- Haarborsel = Weekliks
- Haarysters en ander hittestileringgereedskap = Maandeliks
- Onderlaagsponsie = Was elke dag (as jy dit daagliks gebruik) en vervang na drie maande
- Grimeerkwasse = Vee na elke gebruik af. Spuit weekliks met ʼn ontsmettingsproei en was maandeliks met seep en water.
Hier is ‘n video wat wys presies hoe jy al jou skoonheidsgereedskap moet skoonmaak: