Hier is vinnige skoonheidsoplossings vir die besige vrou. Kyk in ons 4 Desember uitgawe vir meer vinnige mooimaakgoed
Natasha van Wyk
1 LIEFLIKE LIPKLEUR
Moenie skaam wees vir helder kleur nie. Van lieflike pienke tot dieper rooibruin en vrolike naartjie-oranje, probeer almal! KLOKSGEWYS VAN LINKS Maybelline SuperStay 24H Ultimate Red met Conditioning Balm en Intensive Color in Tangerine Pop, R144,95, Artistry Signature Colour Lipstickin #59, R342, amway.co.za, Annique Colour Caress Moisturising Lipstick in Fuschia, R129, annique.co.zaen Maybelline ColorShow Lipstick in Nude Mocha en Red Diva, R69,95 elk
2 & 5 GROET OLIERIGE VEL
In die somerweer kan jou vel meer olierig voel. Raak onstale van sweet en oortollige olies met ‘n reinigende gesigwas soos Johnson’s Oil Control Facial Wash with Grapefruit & Lemongrass Extracts, R49,95 vir 150ml, en ‘n gesigskrop soos Eucerin DermoPurifyer Scrub, R109,99 vir 100ml,om verstopte porieë te behandel.
3 LEKKER RUIK
Eau de parfum bly langer aan jou vel as ‘n eau de toilette. Dit mag dalk duurder wees, maar jy gebruik ‘n EDP minder gereeld! Thierry Mugler Alien EDP is ‘n heerlike warm barnsteen en houtagtige blommegeur wat vir alles seisoene werk, R775 vir 30ml
4 VERDOESEL VLEKKE
As jy ‘n sterk verbloemer nodig het om velvlekke en donker kringe weg te steek is Benefit Boi-ing Industrial-Strength Concealer vir jou, R245, Edgars
6 & 9 GEE JOU VELGESONDHEID ‘n HUPSTOOT
Serums en oogrome is ‘n velsorg-bonus wat definitiewe resultate toon. Nivea Cellular Anti-Age Skin Rejuvenation Concentrated Skin-Refining Serum is liggewig en help vir moeë vel, fermheid en fyn lyne, R189,99. Comfort Zone Skin Regimen Juvenate Eye Balm is ‘n teenverouderingsoogroom wat powwerigheid behandel, R470, 011 791 3567
7 NODIG VIR JOU NAELS
Sorg vir sterker, gesonder en gevoede naels met hierdie reeks naelbehandelingsprodukte. Gebruik L.A. Girl Nail Strengthener vir naels wat nie afdop nie, Calcium Nail Builder om bros, breekbare naels te behandel, Cuticle Oil om die naelbed sag te hou en die Nail Thickener om die natuurlike nael dikker en sterker te maak, R39,95 elk, Dis-Chem
8 SANDAAL-MOOI VOETE
Maak seker jou voete is reg vir die somer en gebruik Freeman Bare Foot Lemon + Sage Foot Scrub. Die verfrissende bestanddele versorg moë voete, R49,95, Dis-Chem
*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys
WEN met ons Skoonheidskattejag
1 Leser kan elke maand ’n skoonheidgeskenkpak wen!
HOE? Loer in ons 4 Desember 2015 uitgawe se skoonheidsblaaie vir die skoonheidskattejag- vraag en soek die antwoord hier!
Inskrywings sluit 7 Desember 2015.
SOURCES
Peter Whitfield en verskaf