Om grimering te verwyder is ’n belangrike stap in jou gesigwasroetine. Kry wenke en produkkeuses in ons 6 Februarie-uitgawe. Hier is nog staatmaker- opsies.
Natasha van Wyk
Jou gesigwasroetine
Die noodsaaklike roetine
Soggens & saans
- Gesigwas (sluit grimeerverwyderaar in)
- Afskilferaar
- Bevogtiger (met SBF soggens)
Die gevorderde roetine
Soggens & saans
- Gesigwas (sluit grimeerverwyderaar in)
- Verfrisser (gesigwas versteur die pH-vlakke van jou vel. ’n Verfrisser is belangrik om dié vlakke weer te herstel. Sommige gesigwas is sag genoeg en bevat reeds verfrisser)
- Afskilferaar
- Behandeling (soos ‘n serum)
- Bevogtiger (met SBF soggens)
Opsioneel Spesifieke geteikende behandeling (gewoonlik ook ’n vorm van ’n serum of oogroom ens. Aangesmeer soos nodig voor SBF-room soggens en voor behandeling saans)
Besoek www.paulaschoice.com vir meer inligting oor Paula, haar produkte en haar eerlike resensies oor ander bekende produkte
Gesiglappies
- Cettuá Eye & Face Make-up Cleansing Wipes bevat ses plantekstrakte, R27,99
- Simple Kind to Skin Cleansing Facial Wipes bevat geen alkohol of geur nie, R46,99
- Ek hou baie van Dirty Works Gently Does It Face Wipes en gebruik dit graag. Hulle is sag en strelend en verwyder grimering goed. Clicks, R39,95 vir 25 lappies. Pakkies van 10 ook beskikbaar.
- Almay Oil-Free Gentle Eye Makeup Remover Pads, R139
Gesigwas
- Clarins Extra-Comfort Anti-Pollution Cleansing Cream met Moringa, Mango en Shea Butter is ’n lekker romerige gesigwas, R365
- HerbalifeSKIN Soothing Aloe Cleanser ruik heerlik vars en verfrissend, www.herbalife.co.za, R228
- Radical Skincare Hydrating Cleanser is ’n reiniger, toner en bevogtiger in een, Edgars, R400
- Noreva Xerodiane Plus Gentle Foaming Gel is seepvry en ideaal vir droër velle, R189,95
- Garnier PureActive Make-Up Remover Purifying Gel is geurvry, R79,99
Grimeringverwyderaar
As jy kontaklense dra, is hierdie ooggrimeringverwyderaars sag genoeg om te gebruik:
Van links
- Like Silk Eye Make-Up Remover is olievry en pH-gebalanseerd, R42,99
- Rimmel Just Let It Go… Gentle Eye Make Up Remover is olievry, R79,95
- Comfort Zone Make-Up Remover Eye Care is ’n tweefase ooggrimeringverwyderaar, R275
- GOSH Lift Off The Day Eye Make-Up Remover Lotion, Edgars, R105
- African Extracts Rooibos Oil-Free Eye Make-Up Remover, R47
*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys
Skoonheidskattejag
Wen! 1 Leser kan elke maand ’n skoonheidgeskenkpak wen!
Hoe? Loer in ons 6 Februarie-uitgawe se skoonheidsblaaie vir die skoonheidskattejag- vraag en soek die antwoord hier!
Sluitingsdatum 9 Februarie 2015
SOURCES
Hema Patel en verskaf