Olierig, kombinasie of droog… Kry die regte velsorgprodukte vir jou velsoort. Ons 7 November-uitgawe is propvol nóg produkte ideaal vir jou velsoort.
Natasha van Wyk
Olierig
1 Sisley Phyto Teint Expert All-Day Long Flawless Skincare Foundation is olievry en bevat van Sisley se kenmerkende velvoedende bestanddele. Hulle noem hierdie produk ‘n “tweede vel-onderlaag” omdat dit so lig is en natuurlik lyk, Edgars, R1 075
2 Inglot Mattifying Under Makeup Base, Edgars, R299
3 Palladio Matte Blush in Peach Ice, Dis-Chem, R89,95
Kombinasie
4 Essence Soft & Natural Long-Lasting Make-Up, Dis-Chem, R59,95
5 Clarins Instant Concealer help veral vir die donker kringe, R310
Droog
6 Die Aya Balm is ‘n veeldoelige balsem gemaak van papajas wat sonryp geword het. Dit is propvol vitamien A en antioksidante. Die byewas, olyf en soet amandelolies beskerm ook jou vel. Gebruik dit op droë vel en lippe. www.ayabalm.co.za, www.faithful-to-nature.co.za, R40
7 Inglot AMC Face Blush Liquid in #86, R239
8 LCN CC Cream Moisture Boost SPF15 bevat hialuronsuur, ‘n velverouderingsbevegter. Smeer aan ná jou gesigroom en gebruik dan die deursigtige Highlighting Powder “Sheer Perfection” om jou gelaat te laat gloei. www.lcn.co.za, R545 en R560
Wen
met ons skoonheidskattejagEen gelukkige Vrouekeur-leser kan elke maand ’n skoonheidsgeskenkpak wen!
Hoe? Loer in ons 7 November 2014-uitgawe se skoonheidsblaaie vir die skoonheidskattejagvraag en soek die antwoord hier! Skryf dan in op ons webwerf – klik hier!
Sluitingsdatum: 10 November 2014.*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys
SOURCES
Peter Whitfield en verskaf