Sue en Karen Liebenberg, ma-en-dogter, het besluit om kaku Clothing te stig na een te veel traumatiese en onsuksesvolle inkopiesessie.
Nes baie vroue het hulle gesukkel om gemaklike (maar glansryke), kwaliteit en moderne klere op te spoor wat werklik vir elke vrou – kort of lank, maer of mollig, swanger, ouer of jonk – sal werk.
Hulle eksperimenteer met vele materiale, snitte en style om die mees vleiende, min-moeite (as dit kom by kreukel en was) stukke te produseer. Wanneer hulle ? item ontwerp wat goed verkoop en tydloos is, sal hulle elke jaar dieselfde stuk produseer in die nuwe seisoen se kleure om tog modern te bly. Dus kan jy jou gunstelingstyl jaar in en uit dra sonder om dieselfde te lyk!
Daar is tans drie reekse beskikbaar:
- kaku colourbox – basiese stukke wat in jou klerekas hoort soos frokkies, broeke, tops, spanbroeke, toeknooptruitjies en meer.
- kaku create – helder, funky en modieuse stukke in die seisoen se beperkte uitgawe materiale
- kaku chrome – ? stylvolle, neutrale palet van rome, grys en swart stukke
Jy kan hulle besoek in Fourways (waar hulle jou kan help style en kleure kies) of koop aanlyn. Reël vir ? konsultasie as jy wil, of ? “tupperwear- partytjie” saam met vriendinne.
*Besoek die kaku vertoonkamer in Fourways Saterdag 26 November, tussen 10h00 en 16h00 vir fantastiese promosies en uitverkopings!
Besoek www.kaku.co.za of die vertoonkamer by 206 Mulberrylaan, Leslie Straat, Magaliessig, Fourways