Loer in ons 4 September-uitgawe vir velwenke om ’n moeë vel te vernuwe! Hier is solank tien van ons topkeuses vir ’n vel vol energie
Natasha van Wyk
Skoonheidskattejag
WEN! 1 Leser kan elke maand ’n skoonheidgeskenkpak wen!
HOE? Loer in ons 4 September 2015 uitgawe se skoonheidsblaaie vir die skoonheidskattejag- vraag en soek die antwoord hier!
Inskrywings sluit 7 September 2015.
Skryf hier in
1 Sit die sprankel terug in jou oë met Nivea Q10 Plus Anti-Wrinkle Energy Eye Roll-On with Coenzyme Q10 and Creatine. Hierdie oogserum help vir powwerigheid en wek moeë oë op, R149,95
2 Gebruik Oh So Heavenly Age Defence Lasting Perfection 3-in-1 Age Defying Home Spa Facial volgens jou vel se behoeftes. As jy gejaagd is, gebruik dit as gesigwas. As jou vel olierig voel, masseer die produk op klam vel en gebruik dit as ‘n afskilferaar. Droë velle kan dit as ‘n masker gebruik, R69,95
3 DMK Nite Firming Antioxidant Moisture Cream bevat vitamien C en kalsium ione wat diep penetreer. Jy kan dit ook om die dunner vel van die oog gebruik. Prys op aanvraag, dmkskincare.co.za
4 Beveg plooie met Dermactin-TS Rejuvenating Night Time Serum. Smeer saans aan die gewenste area en laat die serum die werk doen terwyl jy slaap. Dit is voedend sonder om porieë te verstop en bevat Regenisil-H, afleidend van hialuronsuur, R394,99, Dis-Chem
5 Vernuwe jou vel se tekstuur met Artistry Intensive Skin Care Advanced Skin Refinisher. Hierdie room laat vel fluweelsag voel en kikker vaal vel op, Die hoë konsentrasie botaniese ekstrakte sorg dat die vel sy eie ondersteuningstruktuur versterk. R667, amway.co.za
6 ’n Romerige gesigwas soos African Extracts Rooibos Advantage Gentle Refining Polish with BioActive Rooibos and Plant Extracts is net die ding vir ‘n droë vel. Met appelkoossaad, jojoba-olie, druiwesaadolie en aalwynblaar is hierdie produk sag en kalmerend op die vel. Boonop het dit teenverouderingseienskappe en bevat antioksidante, R69,95
7 Avroy Shlain Cell Revitalisation Therapy Youth Gel beweer dié produk is ‘n mini face-lift. Dit help vir fyn lyne, plooie, powwerigheid en vel wat hang. Hierdie jel versnel sellulêre omset om velprobleme vinniger uit te sorteer, R379, avroyshlainonline.co.za
8 Hierdie serum werk vir ‘lewelose’, vaal vel. Dit vernuwe die vel en bevat ‘n indrukwekkende 56 sellulêre aktiewe bestanddele. Gebruik Guinot Youth Renewing Serum dag en nag onder jou gesigroom, R1 788, twincare.co.za
9 Justine FortiGrain Revitalising Solution with Tri-Grain Fortiplex maak vel ferm en is voedend en velbevogtigend, R315, Justine.co.za
10 Met Edelweiss-stamselle is The Body Shop Drops of Youth Bouncy Sleeping Mask nogal uniek. Hierdie aanlosgesigmasker werk oornag om vel gesond te laat voel. Dit help met elastisiteit sodat jy voel jy word jonger wakker! R199
ONTHOU Loer in ons 4 September-uitgawe vir die beste bestanddele om voor uit te kyk in jou velsorgprodukte!
*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys
SOURCES
Hema Patel