Jou vel het verskillende behoeftes in die winter en die somer. Waar jy nodig gehad het om jou vel in die winter intensief te bevogtig, het jou vel in die warmer seisoene ’n ligter bevogtiger nodig wat dit sal hidreer sonder dat dit te swaar voel.
Vaseline se nuwe reeks bevogtigers met aalwyn is ideaal hiervoor. Dis ’n ligte bevogtiger wat vinnig absorbeer word terwyl die aalwyn jou vel versag en hidreer.
Meer oor aalwyn
Aalwyn is een van die natuur se wonderplante. Dit bevat meer as 200 vernuwende vitamines en minerale en word al die afgelope 5 000 jaar terapeuties aangewend.
Aalwyn
1. Is strelend
2. Dit verlig jeukerigheid
3. Dis bevogtigend – aalwyn het ’n water-inhoud van meer as 99%
4. Dit is teen-verouderend
5. Hou jou vel sag
6. Kan help om aknee te behandel
Room of vloeimiddel
’n Room is beter geskik vir mense wat meer intensiewe bevogtiging benodig. Mense met ’n normale of olierige vel sal meer baat by ’n vloeimiddel, want dis ligter en dunner.
Aanbevole verkoopprys
200 ml vloeimiddel R24.99
400 ml vloeimiddel R41.99
350 ml room R34.99
500 ml room R44.99