Bederf vir Ma en sê ‘dankie’ dié Moedersdag met een van hierdie oulike geskenke. Moenie ons 8 Mei-uitgawe misloop nie, daar is nog baie geskenkidees te sien!
Natasha van Wyk
WEN Skoonheidskattejag
Een leser kan elke maand ’n skoonheidgeskenkpak wen!
Hoe? Loer in ons 8 Mei 2015-uitgawe se skoonheidsblaaie vir die skoonheidskattejag-vraag en soek die antwoord hier.
Inskrywings sluit 11 Mei 2015.
1 L’Oréal Excellence Crème het ’n nuwe voorkoms en drie nuwe skakerings! Hierdie haarkleursel dek alle grys en bevat pro-keratien en kollageen wat hare sterker maak en beskerm. Nou ook beskikbaar in Blue Black, Dark Brown en Chocolate Brown, R149,99.
2 Africa Organics Marula Hair Treatment Oil is die natuur se antwoord op silikoon. Boonop is dit gluten- en sulfaatvry. ’n Organiese produk met bestanddele van 100% natuurlike afkoms! R85, www.africaorganics.co.za
3 Koop ’n Imbalie Beauty Gift Card vir die bedrag, produk of behandeling van jou keuse. Beskikbaar by Imbalie-verteenwoordigers landwyd (Placécol Skin Care Clinic, Dream Nails Beauty, Perfect 10 en World of Beauty). www.imabliebeauty.co.za
4 Die Cosmetiq e Vitamin E-reeks is uitstekend om jou vel te voed. Gebruik die Maximum Moisture Serum, R227, Deep Cleansing Milk, R132 enMultivitamin Skin Rejuvenator, R292 daagliks, www.cosmetiqeantiaging.com
5 Avon Ultra Colour Indulgence Lipstick SPF 15 in Tawny Rose is ’n lieflike skakering vir elke dag. Dié lipstif se romerige tekstuur is bevogtigend vir lippe te danke aan die jelbasis en Hydra Complex- tegnologie, R139,95, www.avon.co.za
6 ’n Lyfroom wat na parfuum ruik. Avon Far Away Bella Sunset Body Lotion se effe blommereuk is sag en lieflik , R71,95, www.avon.co.za
7 Moois & Meer Coterie Pebble Range handgemaakte sterlingsilwer- hangertjies en -oorbelle. Jy kan jou Pebble-hangertjie met tot 20 karakters graveer. Tussen R250 – R420, www.mooisenmeer.co.za
8 Essence All about Nude Eyeshadow het ’n sysagte en gladde tekstuur. Speel met verskeie kombinasies van die ses oogskaduwees om dag- of nagvoorkomste te bemeester, R67,95
9 Sorg vir ’n sagte naelbed met Essence Studio Nails Moisturizing Cuticle Cream with Vitamin E, Panthenol & Rich Oils. Dit ruik soos ’n vars bak vrugteslaai en voel heerlik voedend, R38,95, Dis-Chem.
10 Africology Essential Soul Collection Premixed Herbal Body Oils is ’n reeks van vier heerlike essensiële olies vir die lyf. Muscle Relaxant verlig spanning in seer en stywe spiere, Relaxing behandel stres en angs, Cellulite Detox verwyder gifstowwe en voorkom die opbou van vet en Energising herstel energievlakke en ideaal om te gebruik in tye van uitputting of depressie.
Gebruik as ’n masseringsolie, R460, www.africologyspa.com
*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys
SOURCES
Hema Patel en verskaf