Moenie ons 30 Oktober-uitgawe propvol velsorgprodukte van die oomblik misloop nie. Hier is nog ’n paar wenners
Natasha van Wyk
1 MULTIFUNKSIONELE PRODUK
Bio-Oil is al lank op die skoonheidsrakke en vir goeie rede. Dié geliefde produk het soveel gebruike. Dit help om letsels en rekmerke minder sigbaar te maak, is uiters voedend vir droë velle en ideaal vir oneweredigheid en verouderende vel! R72,99 vir 60ml
2 PROPVOL ANTIOKSIDANTE
Smeer Dr Gobac Biorestore aan plekkies waar jy duidelik kollageenskade kan sien soos byvoorbeeld op enige letsels, dunner vel, donker kringe of velvlekkies Ook vir gebruik op die voorkop, rondom die oë en op die boonste lip, R635, drgobac.com
3 VELOPKIKKER
Payot My Payot Fluide is ’n twee-in-een room wat die vel ’n matvoorkoms gee en ook gesond laat gloei. Ideaal vir vaal, lewelose gelate. Hierdie room is ’n ‘skokbehandeling’ vir die vel om weer wakker te skrik! R355
4 VIR DIE LIPPE
Clarins Joli Rouge Moisturizing Long-Wearing Lipstick het ‘n nuwe voorkoms. Hierdie lipstif droog lippe nie uit nie, bly lank aan en lewer besonderse kleur. Hierin Bubble Gum Pink, R265
5 OOGROOM
Herstel en behandel die dunner vel rondom jou oog met ’n goeie oogroom. Dis ook met Matrixyl®3000 geformuleer wat kollageenproduksie stimuleer. GOSH Good Bye Wrinkles Eye Cream, R190, Edgars
6 VIR LETSELS
BioNiké Procutase Ionic Hydrogel for Skin Legion Dressing is ’n velsproei wat letsels, swere, skroeiwonde en brandwonde behandel. ’n Heerlike produk wat vel herstel na fisiese skade, R124,95, Dis-Chem
7 BEVEG ROOIHEID
Hierdie nuwe groen roompie is ’n wenner. Dit bevat antioksidante wat rooi, geïrriteerde vel streel en kalmeer en bestanddele wat sensitiewe velle se reaksie beheer, Eucerin Anti-Redness Concealing Day Cream SPF 25, R229,99
8 LEKKERSTE SONSKERM
Bioderma Cicabio SPF50+ Soothing Repairing Care is veral vir sensitiewer velle met sonskade. Dit verminder die drang om te krap vir jeukerige velle en beskerm vel teen pigmentasie en verdere sonskade en herstel terselfdertyd, R149,95, Dis-Chem
9 BEVOGTIGENDE PRODUK
Placécol se Optimum Hydro Mask is ’n nodige velbederf. Selfs al sukkel jy nie met ’n droë vel nie is hierdie weeklikse velopkikker ’n moet-probeer. Gebruik dit soos ’n gewone masker wat jy na 15 minute afwas, of los dit oornag aan en spoel die volgende oggend af. Dit werk as ’n bevogtigende nagroom, R250, placeol.com
10 SLIM TEENVEROUDERINGSPRODUK
Environ Intensive Avance DFP 312TM Peptide Cream is ’n kombinasie van drie super-slim peptied-komplekse. Matrixyl®3000, Trylagen® en Matrixyl®Synthé 6® werk saam om fynlyne uit te stryk en die vel se volume te herstel. Environ velsorgprodukte word deur dokters en velsorgspesialiste verkoop, R970
11 VIR DIE WENKBROUE
Essence se nuwe Make Me Brow Eyebrow Gel Mascara is ’n drie-in-een produk wat die kleur, digtheid en vorm van die wenkbroue verbeter. Vul jou wenkbroue en definieer die vorm met só ’n produk. Beskikbaar in twee skakerings, R47,95
*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys
SOURCES
Peter Whitfield